Sport
Bokkoors loop hoog in Onderberg
Wanneer die Bokkoors in die Onderberg hoog loop, weet die plaaslike inwoners reeds dat daar meer as genoeg plekke is waar die rugby en ook ‘n lafenissie ten volle geniet kan word. Nóg ‘n feit is dat daar is niks wat Suid-Afrikaners só na aan mekaar kan bring soos ‘n goeie rugbywedstryd, en natuurlik ‘n …
Wanneer die Bokkoors in die Onderberg hoog loop, weet die plaaslike inwoners reeds dat daar meer as genoeg plekke is waar die rugby en ook ‘n lafenissie ten volle geniet kan word. Nóg ‘n feit is dat daar is niks wat Suid-Afrikaners só na aan mekaar kan bring soos ‘n goeie rugbywedstryd, en natuurlik ‘n oorwinning, nie. Een van die kuierplekke wat Saterdag, toe die Bokke en Samoa kragte gemeet het, groot aftrek gekry het, was die bekende Duck & Dive in Malalane. Die Bokke se 46-6-oorwinning het gesorg dat die ondersteuners behoorlik in hulle noppies was.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








