School sportSport

Kannetjies kry die kans van ‘n leeftyd

'n Ricoh Nelspruit tag-rugbytoernooi vind volgende Vrydag by Mbombela Stadion plaas waar meer as 120 toekomstige helde in aksie gaan wees.

“Die hele idee is om groentjies die geleentheid te gee op die veld en dit dien as ‘n voorwedstryd vir die Steval Pumas se laaste Absa Curriebeker-wedstryd teen die Blou Bulle,” vertel Tinus Basson. Hy sê verder dat die Mpumalanga Rugby-unie hulle deel doen om so toernooi te kan aanbied. “Ons geniet die unie se volle ondersteuning. Van die Pumas-spelers asook almal se gunsteling-gelukbringer, Pumaki gaan daar wees.”

Die wedstryde begin om 15:30 en duur tot 17:00.

Die volgende skole is betrokke:
• Curro Nelspruit, laerskole Witrivier, Laeveld, Nelspruit, Sabie en Numbi asook twee ontwikkelingspanne.

Hoe werk dit?

Vier wedstryde van 10 minute elke sal gelyktydig afskop, elk met vyf minute rustyd (daar word altesaam 24 wedstryde gespeel).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button