Local sportSport

Laeveld rolbalspelers wys staal in provinsiale finale

Die provinsie se ope- en seniorspelers het verlede naweek op die Laeveld se rolbalparke byeen gekom om dit vir die topposisies in Mpumalanga uit te spook.

Dit was die rolbaltoernooi waarna die hele seisoen opgebou het.

Die provinsie se ope- en seniorspelers het verlede naweek op die Laeveld se rolbalparke byeen gekom, en dit oor twee dae vir die topposisies in Mpumalanga uitgespook.

Die mans en vroue enkelskampioene vir die seisoen is verlede Saterdag en Sondag by Matumi en in Barberton beslis.

Spelers van sentraal-Mpumalanga, die Laeveld en Hoëveld het meegeding, en die uiteindelike wenners was van oraloor.

Toekie Botha.
Toekie Botha.

Francois Hanekom van Witrivier Rolbalklub het die opemans-afdeling gewen. Shawn Janse van Vuuren van Nelspruit Rolbalklub het tweede geëindig.

Shawn is die aand voor die aanvang van die toernooi as die Laeveld se Manspeler van die Jaar aangwys. Jannie Brando van eMalahleni (Witbank) was algeheel derde in die opemans.

Shawn se ma, Martie Janse van Vuuren wat vir Barberton speel, het die finale van die Mpumalanga opevroue-kampioenskappe Sondag gewen.

Sy is ook as Laeveld Rolbal se Vrouspeler van die Jaar aangewys. Sunette Claasen van Groblersdal was tweede, gevolg deur Marina Smith van Nelspruit.

Onder die seniormans was Groblersdal se David Roos eerste, Johan van Backstrom van Witbank tweede, en Secunda se Gerrit van Rooyen derde.

Toekie Botha van LVCC was die voorste seniorvrou. Ermelo se Delene Cloete was tweede, en Witrvier se Lettie Ambrosius het aan die einde van die toernooi die derde plek beklee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button