Local sportSport

Klein gimnaste toon groot potensiaal

Die kleutergimnaste van sewe skole in die omgewing het onlangs hulle jaarlikse evaluasie gehad.

Die Kiddy Gym-program word deur Nelspruit Gimnastiek-akademie (NGA) aangebied.

“Die gimnassies het dit baie geniet en ons as afrigters is geweldig trots op hulle vordering,” het die afrigter van NGA, Maré Putter gesê.

Die ouers het kom kyk hoe hulle kinders hierdie jaar gevorder het en elke gimnas het met die toetsing ‘n medalje en ‘n rapport gekry om huis toe te neem.

Gimnaste se krag, soepelheid, balans, uithouvermoë, dissipline en koördinasie is die grondslag van dié program en die afrigters is opgewonde om elke jaar te sien hoe hulle verbeter.

Die volgende kleuterskole het deelgeneem:
• Nellie Miere
• Laerskool Laeveld se Lollies
• Curro Kids
• Mosaïek
• Chirpy
• Vuurvliegies
• Acacia.

Die akademie hou binnekort hulle jaarlikse Rock ‘n Roll-kompetisie en prysuitdeling vir vlak een tot sewe.
Enigeen wat dié sport graag wil beoefen, moet dit beslis nie misloop nie. Dit vind 26 en 27 November in NGA se saal by Hoërskool Bergvlam plaas.

Foto’s: Bèni Photography

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button