Local sportSport

Plaaslike stoeier as kampioen gekroon

Faantjie Steyn is by die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Kaapstad as die kampioen van die mat gekroon en is Nelspruit Stoeiklub (NSK) se eerste atleet wat sy SA-kleure verwerf het.

Na net twee jaar en agt maande se toewyding en deursettingsvermoë kon hy dié merkwaardige prestasie behaal.

‘n Groep van sewe stoeiers, saam met die bestuurslede van NSK, het onlangs die lang pad Kaap toe per trein aangedurf. Die groentjies, Triston Kleynhans, Reghart Vermaak en Ryan Venter het aan ‘n interprovinsiale kompetisie vroeër vanjaar tussen Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Gauteng deelgeneem om sodoende vir die toernooi in die Kaap te kwalifiseer. Slegs die eerste plekke is oorweeg om as ‘n gekombineerde span aan die SA Streekkampioenskappe deel te neem.

stoei
Faantjie Steyn en Hansie Kruger.

Kleynhans,Vermaak en Venter was al drie onoorwonne tydens die SA-kampioenskappe.

Die span neem egter in spanverband deel en nie as individue nie om onnodige druk van die jonger kinders af te haal.
Streek twee het algeheel tweede hier geëindig.

Onder die jeug het Johny Smit, wat ook NSK se eerste internasionale stoeier was wat vroeër vanjaar Suid-Afrika in Egipte tydens die Afrikakampioenskappe verteenwoordig het, ‘n derde plek behaal nadat hy lank met ‘n skouerbesering gesukkel het.

AJ Van der Lith en Lourens Erasmus het hard gestoei en geweldig baie geleer om op dié vlak te kon meeding.

Die beamptes, Arno Kleynhans en Anita Steyn wat Mpumalanga Stoeivereniging hier verteenwoordig het, is as van die bestes in die provinsie aangewys.

stoei
AJ van der Lith.

“Baie dankie aan elke ouer, bestuurslid en beampte vir julle bydrae en ondersteuning tot die klub.

Sonder julle sou ons nie so suksesvol gewees het nie. Dit is ‘n voorreg om met julle kinders te kan werk. Dankie ook aan die klubvoorsitter Casper Steyn vir al sy moeite,” het die mediabeampte van NSK, Dedré Erasmus gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button