Local sportSport

Tennisspannetjie tree as wenners uit die stryd

Die Laeveld o/10-tennisspan kan vir hulself 'n klop op die skouer gee.

Uit die 72 wedstryde wat tydens die interdistriktoernooi gespeel is, het dié spelers uit 52 teen onderskeidelik Hoëveld en Wes-Mpumalanga, as wenners van die baan gestap.

Die dogters het veral beïndruk. Arili Boshoff, Lize Oosthuizen, Larischa Kelly én Lia Sebastian het op die eerste dag met skoonstelle teen hul opponente van Wes-Mpumalanga geseëvier. Josh Black het ook maklik met Franco Lambrecht met 5-0 afgereken. Jovan Lubbe, Elro Grobler en Francois Vosloo kon ook hul gedugte teëstanders klop.

Die son het óók helder op die dogtersdubbelspel geskyn. Arili en Lize het Mila Makunga en Esmize Luus 5-1 geklop en hul medespelers, Mischa Geldenhuys, BenaDea Lubbe, Larischa en Lia het ook die spelers van die Weste 5-1 ore aangesit.

Op die tweede dag het Josh die wedstryd teen Jacques Slabbert van die Hoëveld met 5-3 gewen. Die dogters was wéér onoorwonne, maar veral Arili en Lia moes hard veg om hul kragmetings te wen.

Jovan en Josh het in die seunsdubbelspel vir Wernich Rossouw en Hendré Schoeman net-net met 5-4 geseëvier terwyl Dylan Ormiston en Francois die Hoëveld se Nathan Lourens en Christiaan Enslin ook in ‘n taaistryd 5-3 gewen het.

In die gemengde dubbelspel, het Rouander Heyns en BenaDea die oë op die baan gehad toe hulle Aldo Strydom en Jenna van Vuuren van die baan afgespeel het en ook met skoonstelle gewen het.

Die volgende geleentheid waarna tennisspelers kan uitsien, is die geslote twee-toernooi wat aan die begin van Desember plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button