Local sportSport

Gholfdag gee CMR ‘n broodnodige hupstoot

Gholfspelers het verlede Saterdag gehelp om broodnodige fondse vir die Komatipoort- kantoor van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) in te samel deur 'n oggend op die gholfbaan te geniet.

KOMATIPOORT – Plaaslike spelers het die CMR ondersteun tydens ‘n gholfdag om fondse in te samel. Die spel het ‘n vierbalvennootskap-formaat gevolg, met twee tellings wat bereken is.

Uitslae:

Eerste plek:  Pietman Maritz, Tarryn Maritz, Ruan Steyn, Pedro Christovam met 95 punte.

Tweede plek:  Johan en Ezielle Basson, Chris  en  Amanda Basson met 92 punte.

Derde plek:  Shani Swanepoel, Lizette Barnard, Roenel Basson, Martinette van Dyk met 85 punte.

Vierde plek:  Gerhard Basson Piet Boer van Dyk, Piet Maritz, Chris Botha met 83 punte.

Vyfde plek:  Conrad Bezuidenhout, Danielle Bosch, Derik Goncalves, Chris Basson (jnr.)

Sesde plek:  Lucas Britz, Anton Venter, Ester Britz, Antoni Britz

Sewende plek:  Theo Stronkhorst, Magda Stronkhorst, Hannes Venter, Ashleigh Cairns

Naaste aan die penne:

Putjie 5:  Pedro Christovam

Putjie 4/13: Chris Basson (jnr.)

Putjie 8/16: Reg Ryan

Putjie 18: Pietman Maritz

Charmaine Botha, die maatskaplike werker aan die stuur van die CMR-kantoor in Komatipoort, het tydens hierdie geleentheid almal bedank wat bygedra het om die dag ‘n sukses te maak.

Die CMR se visie is om deernisvol hoop aan kinders, gesinne en gemeenskappe te gee met die doel om te beskerm, ontwikkel en te bemagtig. Hulle lewer maatskaplike diens aan alle gemeenskappe op alle vlakke, ongeag ras, ouderdom, geslag of assosiasie om menswaardigheid en omstandighede te bevorder.

Die kantoor in Komatipoort verskaf dienste aan gemeenskappe so ver as Lydenburg. Daar is tans slegs een werker wat 81 gevalle hanteer, eie fondse moet genereer, al die administrasie self behartig en nog “met deernis sorg”. Die kantoor funksioneer ten spyte van ‘n R140 000- verlies vir die finansiële jaar en elke fondsinsameling is dus ‘n groot hupstoot.

Gemeenskapslede kan die organisasie se geldkas help aanvul deur ‘n bod te plaas op ‘n 10-dag-vakansie in ‘n luukse vyf-slaapkamer-vakansiehuis by Sanlammeer. Daar is ‘n private strand en eie jacuzzi. Die intreebod is R5 000 en belangstellendes kan hul bod nog tot 16 Maart plaas. Skakel Roenel Basson by 083-253-3527 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button