Ringbalspelers spook dit uit in plaaslike liga
Die tweede ronde van die Laeveld se ringbalklubliga is Saterdag in Mbombela gespeel.

Die plaaslike ringballiga is goed op dreef.
Die Laeveld se A-liga-vroueklubspanne het mekaar Saterdag by Hoërskool Bergvlam se bane die stryd aangesê.
Dit was die tweede ronde ligawedstryde van die seisoen.
Korfbal was die amptelike skolesport vir dogters in tradisionele Afrikaanse skole tot in 1980 en is daarna met netbal vervang. In 2007 het die sport ‘n nuwe jas aangetrek en die naam is na ringbal verander.
Dit word deur mans en vroue van alle ouderdomme in klubverband gespeel.
Saterdag kon Numbi A met 26 doele teenoor 22 vir Malelane A klop. Ngodwana se A-span kon Komati met ‘n strafdoel wen om die wedstryd 10-8 in hulle guns se beklink.
Die mans- en vrouespanne speel Saterdag in die volgende ligaronde.
- Sien meer foto’s hier: Plaaslike ringballiga is goed op dreef
