Local sportSport

Koch bly by Pumas tot sy kontrak in Oktober verstryk

Gerugte dat die Steval Puma, Vincent Koch voor sy kontrak by die Mpumalanga Rugby Unie (MRU) verstryk, homself moontlik by die Engelse klub, Saracens wil aansluit, is ongegrond.

Koch speel tans vir die Stormers Superrugby as leenspeler. “Dit is finaal. Vincent sal na afloop van die Superrugbyseisoen terugkeer waar hy vir ons Curriebeker gaan speel. Daar sal geen onderhandelinge plaasvind nie,” het die MRU besturende direkteur, Pieter Burger Dinsdag by navraag bevestig. Hy sal einde Junie na sy spanmaats terugkeer waar hy vir die Laevelders Curriebeker sal speel.

Die Springbokstut se kontrak verstryk einde Oktober by die Pumas en hy is nie ‘n Bokkontrak aangebied nie. Volgens die blondekop se agent, Gert-Andries van der Merwe, het hy nog nie ‘n kontrak by Saracens onderteken nie, maar gesê hy kan die Westelike Provinsie in kennis stel dat hy nie in die Kaap sal aanbly nie.

‘n Handjievol spelers wat tans as leenspelers vir verskeie unies in die Superreeks uitdraf, sal almal aan die einde van die reeks by die Pumas aansluit. “Ek wil graag al die spelers hier hou, ons wil ook kompeterende rugby speel. Kom ons vat Chris Cloete as ‘n voorbeeld. Hy draf tans vir die OP Kings uit, maar ons sukkel met diepte in die span en ons het hom nodig. Ek wou nie die Kings benadeel het nie, omdat ek weet dat hulle hulself in ‘n moeilike situasie bevind,” het Burger verder gesê.

Tydens ‘n gesprek met Koch, het hy aan Laevelder gesê dat dit een van sy drome is om vir Saracens te speel. “Dit gaan bloot vir my oor die geleentheid wat ek gekry het. Dit is iets nuuts wat ek wil aanpak en ‘n nuwe uitdaging,” vertel Koch.

Renaldo Bothma, Lubabalo Mtyanda (albei Sharks), Francois Brummer (Blou Bulle) en Cloete keer almal terug vir die Curriebeker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button