Local sportSport

Marokko wink vir stoeiers

Drie plaaslike stoeiers van die Nelspruit Stoei Akademie gaan aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, wat die naweek in die Kaap plaasvind, deelneem.

Faantjie Steyn, Neels en Johny Smit het reeds verlede jaar vir die kampioenskappe gekwalifiseer met die hoop om die nasionale span wat later vanjaar aan die Afrika-kampioenskappe in Marokko gaan stoei, te haal.

Johny kan moontlik vir die tweede agtereenvolgende jaar vir bogenoemde kampioenskappe kwalifiseer nadat hy in 2015 sy land in Egipte verteenwoordig het.

‘n Suid-Afrikaanse gradering het onlangs in Pretoria plaasgevind waar net Faantjie deelgeneem het.
Alhoewel hy reeds vir die SA’s gekwalifiseer het, het hy die geleentheid aangegryp as opwarming vir die naweek se stryd in die Kaap.

Hy het in die junior afdeling in die Grieks-Romeins (GR) en vrystyl-kategorieë gestoei. Hy is in die GR-afdeling deur ‘n Protea-stoeier wat SA al dikwels verteenwoordig het, geklop.

“Die Proteastoeier kan nie in die Kaap gaan stoei nie, Faantjie was baie ongelukkig om hom nie te klop nie en sou kom graag die naweek weer in die oë wou kyk,” het die afrigter, Hansie Kruger gesê.

Kruger vertel verder dat hy ‘n goud in die vrystyl-afdeling verower het en baie goed op die mat gelyk het.
“Sonder Christo Nagel en Neels Smit sou die seuns nie slaggereed vir die kampioenskappe gewees het nie. Baie dankie vir julle harde werk.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button