Spelers berei in alle erns voor
Die Steval Pumas het Woensdagoggend van OR Tambo Internasionale-lughawe na Bulawayo, Zimbabwe vir 'n vier dag toer vertrek.

Die span kom vanmiddag teen ‘n Presidente XV-span op die Hartsfield Stadion te staan. Dit dien as ‘n opwarmingswedstryd met die oog op die Curriebeker wat eersdaags begin. “Die toer het op die regte tyd gekom. Die span het bitter hard die afgelope 12 weke gewerk en die spelers is gretig om ‘n indruk te maak.” het die Pumasbreier, MJ Mentz gesê.
‘n Kaptein is nog nie aangekondig nie, maar daar is ‘n leierskorps wat geïdentifiseer is wat moontlik die rol as kaptein gaan vervul. “Daar sal nie net een kaptein vir die jaar aangewys word nie, omdat die seisoen baie lank is, maar ons sal wel voor die eerste amptelike Curriebeker-kwalifiserende ronde ‘n leier aanwys.”
Na afloop van die naweek, is die Pumas se volgende opwarmingswedstryd op 2 April teen die Blou Bulle in Witbank.
Die toergroep is:
Bernado Botha, Marné Coetzee, Francois du Toit, Ryler Fisher, Stephan Greeff, Carel Greeff, Johan Herbst, Hugo Kloppers, Hoffmann Maritz, Khwezi Mona, Dylan Peterson, Marcello Sampson, Marnus Schoeman, Hennie Skorbinski, Jannie Stander, Heinrich Steyl, Emile Temperman, Nardus van der Walt, Marlou van Niekerk, Justin van Staden, Leighton van Wyk, Simon Westraadt, Reuben Johannes en Frank Hern.
Pumas vs. Presidente XV-span:
15. Heinrich Steyl
14. Bernado Botha
13. Tyler Fisher
12. Hennie Skorbinski
11. Marcello Sampson
10. Marlou van Niekerk
9. Johan Herbst
8. Dylan Peterson
7. Nardus van der Walt
6. Reuben Johannes
5. Hugo Klopper
4. Jannie Stander
3. Marné Coetzee
2. Francois du Toit
1. Simon Westraadt.
Plaasvervangers:
Frank Herne, Khewzi Mona, Stephan Greeff, Carel Greeff, Marnus Schoeman, Emile Temperman, Justin van Staden, Leighton van Wyk en Hoffmann Maritz.
Kaartjies vir die Curriebeker-kwalifiserende rondes sal binnekort beskikbaar wees.
Die eerste wedstryd op Mbombela Stadion is teen die Hino Valke op Vrydag 8 April om 19:00.
Kaartjies beloop R60 vir volwassenes en R10 vir kinders. Seisoenkaartjies kan teen R750 per persoon, wat die toets teen Suid-Afrika en Argentinië op 20 Augustus insluit.
Navrae: tjitjila@pumas.co.za.
