Laerskole sorg vir top kannetjie-rugby
Laerskole Nellies, Laeveld en Witrivier het verlede naweek die sewe-skool-toernooi aangebied.

Sewe top-rugby- en netbalskole het verlede naweek in die Laeveld vir hul ligas kom voorberei met ‘n jaarlikse rugby- en netbaltoernooi.
Na beraming sou ongeveer 1 120 kinders oor die twee dae kragte op die sportveld gemeet het, maar weens die reën moes die netbalwedstryde afgelas word.
Die rugbywedstryde kon Vrydag en Saterdag egter op die grasbane voortgaan. Die toernooi is gesamentlik deur Laerskool Nelspruit, Witrivier en Laeveld aangebied.
Laerskool Bergland het ook deelgeneem. Die besoekende skole was Laerskool Goedehoop van Secunda, Laerskool Tzaneen en Laerskool CR Swart van Middelburg. Elke span het oor die twee dae vier wedstryde gespeel.
Dit is so geskeduleer dat die Laeveld se skole eerder teen die besoekers as ander plaaslike skole deelgeneem het.
‘n Menigte ouers het hul telge kom ondersteun vir die naweek volgepak met hoë-vlak-kannetjierugby.
- Sien meer foto’s: Plaaslike laerskole skop modder in teenstanders te oë
