Katte klap Belfast op eie bodem
Die Rooikatte het onlangs korte mette van Belfast se rugbyspan gemaak.
Die Rooikatte het onlangs korte mette van Belfast se rugbyspan gemaak. Die Katte het hul teenstanders verlede Saterdag op eie bodem geklop. Ondanks bewolkte weer was dit ‘n warm dag wat gesorg het vir witwarm aksie. Die Katte het van die begin af die wedstryd by die afbreekpunte en skrums gedomineer.
Teen rustyd was die telling 10-3 in hulle guns. In die tweede helfte het hulle weer gewys waarom hulle ‘n span is met wie daar rekening gehou moet word. Hulle het die puntestand verder na 22-3 vergroot.
Drieë is gedruk deur Martin Smith, AJ Laubscher en Theunis Coetzee. ‘n Strafdrie is toegeken en Cassie Steyn slaag met die doelskop.
Voorspeler Rudi Raath en agterspeler Martin Smith is aangewys as manne van die wedstryd. Die Rooikatte doen steeds ‘n beroep op almal wat nog betrokke wil raak om die oefeninge Dinsdae en Donderdae van 18:30 tot 20:00 by te woon. Almal bo die ouderdom van 18 is welkom om saam te oefen.
Die katte sien uit na ‘n goeie jaar wat voorlê in die Laeveldliga.
