Local sportSport

Bell en Combrinck tweede in die Afrika-trui tydens Cape Epic

Na agt skofte, 654km en 15 000m in die saal, het Nico Bell en Gawie Combrinck van NAD Pro MTB 'n silwer in die Afrika-trui verower en 'n algehele 12de plek uit 483 ryers tydens die uitmergelende 13de Cape Epic ingepalm.

Die twee plaaslike ryers het vanjaar vir die derde keer die Epic saam aangepak en is effens teleurgesteld om nie op die boonste trappie van die podium met die Afrika-trui te staan nie. Darren Lill en Waylon Woolcock was die algehele wenners in dié kategorie.

Nico Bell and Gawie Combrinck of NAD Pro MTB during stage 3 of the 2016 Absa Cape Epic Mountain Bike stage race held from Saronsberg Wine Estate in Tulbagh to the Cape Peninsula University of Technology in Wellington, South Africa on the 16th March 2016 Photo by Nick Muzik/Cape Epic/SPORTZPICS PLEASE ENSURE THE APPROPRIATE CREDIT IS GIVEN TO THE PHOTOGRAPHER AND SPORTZPICS ALONG WITH THE ABSA CAPE EPIC ace2016

“Ons het ‘n love/hate-verhouding met die Epic. Dit was pret op ‘n manier, maar tog ook nie.
“Nico het later bietjie siekerig geraak, maar ons is tevrede met ons uitslae. Dit is egter nie heeltemal wat ons wou bereik het nie,” sê Combrinck.

Die 29-jarige vertel verder dat die Epic die bergfietsren van die Tour de France is. “Dit is beslis een van die moeilikste wedrenne. Die toer moet eerder na die Laeveld toe skuif aangesien die paaie hier baie lekkerder is. Die Epic is sanderig, klipperig en winderig. Maar dit is lekker as die toeskouers juig as jy oor die eindstreep jaag,” lag Combrinck.

NAD EPic Finish 7 (Large)

 

Na 29:28,26 uur het dié twee net-net ‘n plek in die top-10 gemis. Switserland se Urs Huber en Karl Platter het die Epic algeheel gewen in 28:13,4. Dit was Platt se vyfde jaar wat hy die wedren oorheers het.

“Ons het goed voorberei en heelwat wedrenne voor die tyd aangepak. Op die ou einde van die dag kom jy Epic toe en hoop vir die beste en hoop jy is op jou beste vorm. Gawie was baie sterk. Ek het bietjie gesukkel met ‘n geknypte senuwee wat my linker been laat dood gaan het teen die klimme.

NAD EPic Finish 1 (Large)

“Ons het elke dag so hard gery as wat ons kon. Volgende jaar gaan ons weer terug en dié keer wil ons die Afrika-trui wen. Ons het geleer uit dié jaar en ons gaan sorg dat ons sterkter en beter volgende jaar gaan wees,” vertel Bell.

Nóg Laevelders het aan die Epic deelgeneem. Dalene van der Leek saam met haar Engelandse-spanmaat, Sharon Laws van Energade Racing het ‘n algehele sewende plek in die vroue-kategorie ingeneem met ‘n tyd van 36:46, 33 en Team Pure Event/Midas se Inga de Villiers, wat saam met Pierrie Griffioen in ‘n span was, het in die meesterskategorie ‘n 10de plek behaal in ‘n tyd van 35:48,14.

12439054_10154110566148319_8933698746068876475_n

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button