Local sportSport

Jung en Kriek tops in jaarlikse bergfietsren

Die 26-jarige Guylin van den Bergh van Johannesburg het met 'n blitsvinnige tyd van 02:36,42 die 65km Sappi Mankele Bergfietsren oorheers. Dit was sy eerste deelname aan dié wedren.

JP Jung (senior mans) was kort op Van den Bergh se hakke in die tweede plek in 02:41,34 met Hennie Kriek (sub veteraan) derde op die podium in 02:42,01.

In die vroue-afdeling was die eerste drie ryers se tye minute uit mekaar uit. Vanessa Bell (sub veteraan) het die eerste plek verower nadat sy die uitmergelende roete in 03:05,39 voltooi het. Die Laeveld se twee plaaslike ryers, Amy Beth McDougall was tweede in 03:07,04 en Sam Sanders derde in 03:15,13.

Die bloedjong Armand Lombard (17) het goud in die 35km om sy nek gehang nadat hy met ‘n tyd van 01:21,52 klaargemaak het. Ryan Terry (16) was tweede in 01:24,52 en Constant Furstenberg (17) derde in 01:27,57.

Met ‘n tyd van 01:46,33, sewe minute voor die ryer in die tweede plek, het Natia van Heerden (senior) die vroue-afdeling-titel verower. Dit was ‘n naelbyter wie die silwer en brons in dié afstand sou vat met ‘n verskil van net 13 sekondes. Mandie Swart was toe met 01:53,44 in die tweede plek baas en Kerri Dunshea derde met 01:53,75.

Daar was ‘n effense misverstand in die 22km met een van die baanbeampte wat van die ryers op die verkeerde roete gestuur het. Maar nie te min nie, was die afstand óók ‘n strawwe stryd tussen Karabo Malatji, Jean van der Merwe en Joshua Schulz. Op die einde was dit Malatji in die eerste plek met 22,30, Van der Merwe ‘n ,01 agter in die tweede plek en Schulz was derde in 22,33.

Die 39-jarige, Marina Uys was net-net die wenner in die vroue-afdeling met ‘n tyd van 26,16 en tweede was Tanya Kaselowski (31) in 26,26. Dié twee het stof in die jonger deelnemers se oë geskop met Lynette Pretorius (26) in 28,39.

Results

15km: https://www.citizen.co.za/lowvelder/wp-content/uploads/sites/44/2016/03/Results-15-km-Sappi-Mankele-2016.pdf

22km: https://www.citizen.co.za/lowvelder/wp-content/uploads/sites/44/2016/03/Results-22-km-Sappi-Mankele-2016.pdf

35km: https://www.citizen.co.za/lowvelder/wp-content/uploads/sites/44/2016/03/Results-35-km-Sappi-Mankele-2016.pdf

65km: https://www.citizen.co.za/lowvelder/wp-content/uploads/sites/44/2016/03/Results-65-km-Sappi-Mankele-2016.pdf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button