Local sportSport

Pumas verfyn tegniek vir komende seisoen

Uit die afgelope twee wedstryde was dit duidelik dat daar 'n paar nuwe manne is wat hulle hande hoog opgesteek het

Die Steval Pumas se voorbereiding vir die kwalifiserende ronde vir die Curriebeker het verlede week in Mbombela met ‘n skitterende vertoning teen die plaaslike klubrugbyspan voortgegaan.
Beide die Pumas en Nelspruit Rugbyklub het die wedstryd ter voorbereiding gebruik en die uitslag was van min belang vir die afrigterskorps.
“Dit is vir ons belangrik dat die spelers almal genoeg wedstrydtyd kry, voor die seisoen amptelik oor twee weke afskop.
Daar was nog enkele spelers wat hulle eerste wedstryd gespeel het na operasies in die voorseisoen, maar ons is tevrede met hulle vertoning en die vordering van hulle rehabilitasieproses.
Uit die afgelope twee wedstryde was dit duidelik dat daar ‘n paar nuwe manne is wat hulle hande hoog opgesteek het, maar die groot toets is in Witbank waar ons teen die Vodacom Blou Bulle sal uitdraf,” noem die hoofbreier van die Steval Pumas,
MJ Mentz.
Puntemakers – Eerste helfte
Drieë
Steval Pumas
Damien Jansen van Rensburg (2), Francois du Toit (2), Wiehan Hay, Colin van Staden en Reuben Johannes.
Doelskoppe
Heinrich Steyl (5)
Rustydtelling: 45-0 (Steval Pumas)
Tweede helfte
Drieë
Steval Pumas
Marlou van Niekerk, Lambert Groenewald, Marnus Schoeman en Wiehan Hay.
Doelskoppe
Heinrich Steyl (2)
Nelspruit Rugbyklub
Kobus Janse van Rensburg.
Eindtelling
69-5 (Steval Pumas).

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button