Local sportSport

Mosquito-rolbal bly ‘n wenner

Agtien spanne het mekaar vanjaar die stryd aangesê en hoewel dit 'n tawwe stryd was, het die Daisies, 'n klub van Groblersdal met 'n wentotaal van 40 punte weggestap.

Klubs van regoor die land, en selfs so ver as Swaziland het die afgelope naweek in die Laeveld kom kuier vir die immergewilde Mosquito-rolbaltoernooi by LVCC.
Agtien spanne het mekaar vanjaar die stryd aangesê en hoewel dit ‘n tawwe stryd was, het die Daisies, ‘n klub van Groblersdal met ‘n wentotaal van 40 punte weggestap.
Die spanlede is elk met  R1 000 prysgeld in die sak daar weg, en staan tans bekend as die 2016 Mosquito-kampioene.
Kort op hulle hakke was die plaaslike klub, Rodger Rabbit van LVCC met 38 punte en in derde plek was Best of the Rest, ook van LVCC met 35.
Uit die vyf wedstryde wat gespeel is, het dié span 8 uit ‘n moontlike 10 punte verower.
Elk van die vyf wat oor dié drie dae gespeel word, bevat 18 rondes. Spelers het genoem dat hoewel daar effe minder deelnemers as verlede jaar was, dit steeds nét soveel pret was.
“Dit is ‘n instelling van LVCC wat reeds 35 jaar lank bestaan, en elke jaar raak dit net groter en groter,” sê een van die komiteelede, Dirkie Grobler.
“Die hoofdoel is om soveel as moontlik spanne van ver af te kry om hier te kom meeding,” voeg sy by.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button