Local sportSport

Komati kraai weer koning in gholfliga

Komatipoort is steeds boaan die punteleer in die plaaslike gholfliga na 'n wedstryd teen Nelspruit Saterdag op die pragtige Kambaku Gholfbaan.

Komatipoort is steeds boaan die punteleer in die plaaslike gholfliga na ‘n wedstryd teen Nelspruit Saterdag op die pragtige Kambaku Gholfbaan.

Die tuisspan van Rohan Greyvenstein, Meyer Horn, Danny Cato, Jaco Botha, Ruan Mostert, Derick Goncalves, Christo Louw, Mauritz Mostert, Chris Coetzee en Jacq Nel het hulle stokke behoorlik geswaai en hulle het almal hulle wedstryde teen Nelspruit gewen.

Daar was vier twee-balle in elke span. Komati het skoonskip gemaak en met agt punte (plus ‘n bonuspunt) ‘n telling van nege behaal.

Danny Cato en Chris Botha het vier gaatjies op eerste nege en drie op die tweede nege gewen. Rohan Greyvenstein en Derick Goncalves wen vyf gaatjies met die eerste nege en vier met die tweede nege.

Jacq Nel en Ruan Mostert wen vyf gaatjies met hul eerste nege en drie met die tweede nege. Mauritz Mostert en Christo Louw wen twee gaatjies met die eerste nege en een met die tweede nege.

Die president van die Komatipoort Gholfklub bied eerskomende Saterdag sy jaarlikse gholfdag aan.
Navrae: Proshop by 083-258-4915.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button