Local sportSport

Duiweboere se bestes gereed om vlerke te sprei

Met die winter wat nader kruip, is dit tyd vir duiweboere om vir die vliegseisoen voor te berei.

Die Laeveld Posduif Unie (LPU) het verlede jaar ‘n menigte pryse ontvang, soos die Mbombela-distrik Posduifklub wat twee jaar in ‘n ry die uitdagingstoernooi by Sun City gewen het.

Een van die lede, Bruce Carey het in 2015 met ‘n tweede plek by Dinokenghokke weggestap.

Nog plaaslike duiweboere wat die seisoen dopgehou kan word, is Paul du Randt wat in 2013 ‘n negende plek tydens die Sun City Million Dollar-wedvlug verower het.

Neel Venter CJ Lofts Ysterduif

“In Suid-Afrika alleen het ons menigte duiweboere asook provinsiale hokke waar boere hul duiwe kan inskryf. Daar is groot prysgeld te wen by hierdie provinsiale hokke indien die duiwe presteer.

“Daar is ook verskeie unies én klubs waar duiweboere kan aansluit. Selfs hier in ons midde het ons heelwat boere wat al duiwe in hierdie hokke ingeskryf het en baie goeie plekke behaal het,” vertel Rudolph Combrinck van die LPU.

Die Laeveldse unie bestaan uit twee klubs, naamlik die Mbombeladistrik Posduifklub en die Lydenburg Plato Posduif Unie, waar duiweboere kan aansluit om die sport te beoefen.

Die boere doen ‘n beroep op die gemeenskap en selfs besighede om betrokke te raak by hierdie sport, sodat dit kan groei en dat die liefde vir duiwe oorgedra kan word van geslag tot geslag soos dit reeds jare lank gedoen word.

Mauritz Fouche Algehele Unie Kampioen

Tydens verlede jaar se prysuitdeling, is Martiens Nel as die jaaroud-derbywenner aangewys, Mauritz Fouché was die unie-kampioen en Neel Venter het die CJ Lofts Ysterposduif-prys verower.

Vir enige navrae oor wedvlugte kan Rudolph Combrinck by 083-351-4858 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button