Toerspanne na afloop van Danie Rossouw-rugbyweek aangewys
Twee toerspanne is na afloop van die Danie Rossouw-rugbyweek, wat gedurende die vakansie plaasgevind het, aangewys.

Die senior groep toer na Italië terwyl die o/16’s ons buurland, Namibië gaan besoek.
Nege spelers van Hoërskool Rob Ferreira sal in Oktober vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe na Walvisbaai vertrek.
Gedurende die toer sal hulle drie wedstryde in onderskeidelik Walvisbaai, Swakopmund en Windhoek speel.
Die seniors wat 16 plaaslike spelers van Uplands College, Robbies en Sybrand insluit, het ‘n sewe-dag toer na Italië. Die seuns saam met die afrigters vertrek 1 Oktober vanaf OR Tambo na Venesië.
In Venesië kan die manne uitsien na die St. Mark’s Basilica, Rialto Bridge, die Universiteit van Padua, Cathedrall en heerlike pasta.
Op dag sewe vertrek hulle na Rome waar die geskiedkundige Colosseum op hulle besigtigingslysie is. Op dag agt speel hulle hul laaste wedstryd, ook in Rome teen ‘n plaaslike span. Die hoof van Robbies, Dawie Oberholzer, oorhandig die sertifikate.
Plaaslike spelers wat die spanne gehaal het:
Junior toergroep, Namibië
• Bradon Borcher, Rob Ferreira
• Jacques Byleveld, Rob
• Jacques Kruger, Rob
• Xolani Lekhuleni, Rob
• Thabo Maseko, Rob
• Simphiwe Mnisi, Rob
• Zweli Mnisi, Rob
• André Nitschke, Rob
• Norman Simpson, Rob
• Shane Tekwane, Rob
Senior toergroep, Italië
• Jared Adams, Uplands
• Boeta Botha, Rob
• Tyron de Vos, Uplands
• Victor Esquino, Rob
• Justin Ferreira, Rob
• Milo Ferreira, Rob
• Tony Ferreira, Uplands
• Dewiko Loots, Rob
• Sanekele Lubede, Uplands
• Fred Lundy, Rob
• Blessing Mbuyane, Sybrand van Niekerk
• Thabang Mdluli, Sybrand van Niekerk
• Donnovan Schoeman, Rob
• Carlo van Deventer, Rob
• Jean van Wyk, Rob
• Lohan Venter, Rob
Afrigters
o/16’s:
• Albert Booyens, Rob
• Werdie Stoop, Rob
• Vicky Menegaz, Witbank
Seniors:
• Chris Louw, Rob
• Marius van Zyl, Rob
• Wessie van der Westhuizen, Zeerust.




















