Beserings knou die Pumas
Die Steval Pumas het in hul tweede Curriebeker-kwalifiserende stryd Vrydagaand in George 'n nuwe senterpaar wanneer hulle teen die SWD Arende te staan kom met Hoffmann Maritz en Wilmaure Louw wie weer slaggereed is.

Die insluiting van Maritz en Louw kom na beserings wat Hennie Skorbinski en Ruwellyn Isbell opgedoen het. Tyler Fisher skuif van senter na vleuel om Isbell te vervang.
Lees meer oor Skorbinski se besering: Spinnekopbyt erger as verwag
Die derde verandering is op skrumskakel waar Reynier van Rooyen in Emile Temperman se plek gekies is. Die agttal wat teen die Valke opgedraf het bly dus onveranderd met Hugo Kloppers wat die span weer sal aanvoer.
Daar is ook ‘n verandering op die bank waar die losvoorspeler Dylan Peterson die beseerde Reuben Johannes vervang.
“Ons het die afgelope week hard gewerk en sien uit na die kragmeting in George. Ons weet ook dat die Arende na hulle wen teen die OP Kings, positief is om hulle tweede wen in die reeks in hul sakke te
steek,” het die Puma-breier, MJ Mentz gesê.
Pumas teen Arende: Heinrich Steyl; Tyler Fisher, Hoffmann Maritz, Wilmaure Louw, Marcello Sampson, Justin van Staden, Reynier van Rooyen, Carel Greeff, Lambert Groenewald, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers (k), Stephan Greeff, Marné Coetzee, Frankie Herne en Kwezi Mona.
Plaasvervangers: Francois du Toit, Simon Westraadt, Jannie Stander, Dylan Peterson, Emile Temperman, Leighton van Wyk en Bernado Botha.
