Local sportSport

Spelers wys wat in hulle steek na afloop van geslote-toernooi

'n Hele paar spelers het die onlangs skoonskip gemaak in die vierde en laaste geslote tennistoernooi.

Jovan Lubbe (o/11) wat in net twee van die vier toernooie gespeel het, het Dylan Ormiston 6-0, 6-0 van die baan gemoker en is as die top-speler in sy ouderdomsgroep aangewys.

Dylan was die naaswenner in die eerste toernooi teen Joshua Black, en het daarna Richard Dickson in die volgende twee toernooie laat les opsê en algeheel derde geëindig.

Zoë Bergmann het ook haar teëstander, Kiara Wales met skoonstelle gewen en ook die seisoen as o/13-dogter bo-aan die punteleer afgesluit. Tydens die derde ronde, was Kiara die naaswenner met Lani Swart wat daardie toernooi gewen het. Lani en Kiara moet nog uitspeel om te bepaal wie die finale 2016 interdistriktespan gaan haal.

Anneri Mans (o/18) het haar grootste kompetisie, Jannete Booysen ook 6-0, 6-0 geklop.

Teabtso Duba wat in die tweede en derde toernooie baas was, het algeheel tweede gekom met Anneri wat in die nommer 1-posisie ingesluip het.

Die eerste gekeurde o/18-seun van die Ehlanzeni Tennisvereniging, Schalk Schutte, wat verlede jaar ook die nommer 1-speler was, het die vierde gekeurde, Taillard van Zyl Saterdag in die eindstryd ontmoet en 6-2, 6-1 met hom afgereken.

Die finale interdistrikte-spanlys sal in die volgende uitgawe van Laevelder publiseer word.

Uitslae na afloop van die vierde toernooi
o/11-dogters
1. Arili Boshoff: 4-6, 6-1, 10-0
2. Lize Oosthuizen
3. Natasha Wales

o/11-seuns
1. Jovan Lubbe: 6-0, 6-0
2. Dylan Ormiston
3. Richard Dickson

o/13-dogters
1. Zoë Bergmann: 6-0, 6-0
2. Kiara Wales
3. Beaulah Alberts

o/13-seuns
1. Ruben Grundlingh: 6-1, 6-3
2. Ruben le Roux
3. Ruan Pretorius

o/15-dogters
1. Amberley Bergmann
2. Zjada Dickson
3. Amé Verster

o/15-seuns
1. Japie Lubbe: 6-2, 6-0
2. Ruan van Esch
3. Du Toit Wessels

o/18-dogters
1. Anneri Mans: 6-0, 6-0
2. Jannete Booysen
3. Ntombikayise Mkatshwa

o/18-seuns
1. Schalk Schutte: 6-2, 6-1
2. Taillard van Zyl
3. Ndumiso Thwala.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button