Hectorspruit fietswedren lok meer as 300 deelnemers
Die stofwolke het Saterdag in Hectorspruit gestaan soos 320 bergfietsryers getrap het om eerste die wenstreep van die MTB Challenge Hectorspruit oor te steek.
Dit was vanjaar die derde keer dat Lien se Kleuternes die gewilde Hectorspruit MTB Challenge gereël het en daar was 100 meer fietsryers as verlede jaar.
Alles was goed georganiseer en daar is nie net aan die deelnemers se behoeftes voldoen nie, maar die ligging en uitleg was van so ‘n aard dat die hele familie die dag saam kon geniet.
Verskeie stalletjies het iets vir droë kele gebied en gesorg dat die hongerpyne gestil word.
Lien se Kleuternes het die dag met ‘n parade begin, gelei deur trompoppie Minette Swarts.

Die 10km-, 25km-, en 50km-ryers het daarna die pad aangedurf waarna die kleinspan op hulle beurt gewedywer het vir die eerste plek in die pretwedloop wat spesiaal vir hul gereël is.
Die waterpunte is deur Omnia, Solidariteit Helpende Hand, SANCA, Isuza, Coastal Hire Malelane en Dirk Lourens Cycle beman, en het vir ‘n lafenis op die lang, droë pad gesorg.
Die fietsryers het vertel dat hulle die roete, veral die enkelpad, baie geniet het. ‘n Paar het hard met die aarde kennis gemaak, maar ten spyte van beserings, darem fiets en al die eindstreep oorsteek.
Lien se Kleuternes bedank al die borge wat die dag moontlik gemaak het, sowel as al die fietsryers wat deelgeneem het.
Uitslae:
10km-mans
• Eerste: AJ Maritz (14), 00:32:40
• Tweede: Blackie Swart (67), 00:34:35
• Derde: Michael Meyer (9), 00:34:45
10km-dames
• Eerste: Jessica Svacha (12), 00:32:51
• Tweede: Yvonne Geyer (39), 00:34:34
• Derde: Kyla Benade (11), 00:34:52
25km
Sprocket-meisies:
• Eerste: Izani van der Merwe (12), 01:25:51
• Tweede: Zimri Leuvennink (12), 01:28:47
• Derde: Larika Leuvennink (14), 01:29:43
Seuns:
• Eerste: Jooste Coetzee (12), 01:00:05
• Tweede: Franco Kritzinger (13), 01:04:14
• Derde: Luan Snyman (11), 01:09:00
Dames:
• Eerste: Jo Mari Smith (27), 01:03:57
• Tweede: Bets Koegelenberg (58), 01:08:45
• Derde: Neliza van Niekerk (30), 01:10:16
25 km-mans
• Eerste: Pieter Benade (38), 00:54:48
• Tweede: Chris van den Heever (47), 00:58:41
• Derde: Willie Horn (47), 01:01:42
50km
• Eerste: Armand Lombard (17), 01:52:16
• Tweede: Burger Bester (40), 01:55:00
• Derde: Herman van der Westhuizen (46), 01:57:16
Kyk na foto’s van die wedren hier.
