Local sportSport

Knox swaai die septer in Clarens

"Ek kan eerlikwaar sê ek is nie tevrede met my tweede plek nie." So het die 30-jarige Laeveldse ryer, Gawie Combrinck na afloop van die derde reeks van die Ashuburton se nasionale bergfietsreeks wat die naweek in Clarens plaasgevind het, gesê.

Die ryer van Sabie, Max Knox (29) wat verlede jaar ‘n derde plek verower het, het vanjaar die wentitel ingepalm met ‘n tyd van 04:10,00 oor 112km. Combrinck was kort op sy hakke in 04:11,35.

“By die 55km-merk was ek so 35 sekondes agter Max gewees en daarna het ek dit reggekry om vir Waylon Woolcock (derde) te vang. Na 85 kilometer was dit ek en Waylon en die laaste twee kilometer het ek hom verbygesteek in ‘n tegniese enkelroete om tweede te eindig. Nico (Bell, vierde) het my baie gehelp om by die voorlopers te bly en baie hard gery. Geluk aan Max! Hy was die beste ryer op die dag.”

Robyn de Groot, het haar vroue-titel vir ‘n derde agtereenvolgende jaar suksesvol verdedig en in 03:25,34 die 77,5km voltooi. Nóg ‘n plaaslike ryer, van Infinita se Samantha Sanders was tweede. “Dit was ‘n goed-georganiseerde naweek gewees en die roete was asemrowend. Ek het my oog op ‘n podiumplek gehad. ‘n Tweede plek is nie sleg nie, maar ‘n soete oorwinning sou soveel beter gewees het.

Ek het vooraf geweet Robyn is die ryer om dop te hou. Met net ‘n paar klimme oor, het ons vir Candice (Neethling, vierde) weggery. Dit was eers met die laaste ent, toe Robyn weggebreek het. Dankie aan my afrigters van Infinita en Valencia – julle is ongelooflik,” vertel Sanders.

Nog plaaslike ryers, Amy Beth Mcdougall het algeheel derde in 03:33,32 geëindig met Vanessa Bell vyfde (03:38,40) en Emily Clarke negende (03:55,38).

Combrinck en Bell neem die naweek aan die joBerg2c, ‘n nege dag lange bergfietsren van Heidelberg tot Scottburgh deel. Die 30-jarige en Johann Rabie het reeds twee keer van tevore dié uitmergelende toer gewen. Die span van NAD Pro MTB hoop om vanjaar die titel in te palm.

Elite mans
1 Max Knox – 04:10,00
2 Gawie Combrinck – 04:11,35
3 Waylon Woolcock – 04:13,29
4 Nico Bell – 04:15,24
5 Darren Lill – 04:24,01.

Elite vroue
1 Robyn de Groot – 03:25,34
2 Samantha Sanders – 03:27,27
3 Amy Mcdougall – 03:33,32
4 Candice Neethling – 03:34,44
5 Vanessa Bell – 03:38,40
9 Emily Clarke – 03:55,38.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button