Local sportSport

Twee mik nog vir spele, Kriel mis dit net-net

Folavio Sehohle, William Mothosola en Christelle Kriel het die afgelope naweek wêreldatletiek opnuut van hulle laat kennis neem tydens die Suid-Afrikaanse atletiek- en swemkampioenskappe.

Sehohle het in die laaste 500m van die 1 500m, sy kop laat sak en gehol so hard as wat hy kon. Met ‘n tyd van 03:42,00 het hy die wedloop in Stellenbosch gewen, maar dit was nie genoeg om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer nie. Die kwalifiseringstyd is 03:36,00.

STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA - APRIL 16: Folavia Sehohle of CGA wins the mens 1500m final during day 2 of the 2016 National Track & Field Championship at Coetzenburg Stadium on April 16, 2016 in Stellenbosch, South Africa. (Photo by Roger Sedres/Gallo Images)
STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA – APRIL 16: Folavia Sehohle of CGA wins the mens 1500m final during day 2 of the 2016 National Track & Field Championship at Coetzenburg Stadium on April 16, 2016 in Stellenbosch, South Africa. (Photo by Roger Sedres/Gallo Images)

Mothosola was derde in die 800m op Coetzenburg, maar het gehoop om hier vir die Rio Spele wat Augustus begin, te kwalifiseer. Hy het ‘n 01:46,07 gehardloop, maar hoop om op 14 Mei by die SA ope in Bloemfontein ‘n 01:46,00 (die kwalifiserende tyd vir Rio) skoon te hardloop. Hy het wel tot die Afrika-kampioenskappe wat oor ses weke plaasvind, deurgedring.

Nelspruit Swem-akademie (NSA) se Christelle Kriel (21), klas S14 vir atlete met leergestremdhede het die Paralimpiese Spele se kwalifiserende tyd in die 100m-rugslag, met 0,17 tydens die Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe in Durban, gemis.

Sy het met ‘n tyd van 1:16,40 uit die water geklim, maar moes ‘n 1:16,23 swem om eersdaags op die vliegtuig na Rio te klim. Sy het wel drie B-kwalifiserende tye geswem, maar dit is nie genoeg om haar kaartjie te bespreek nie.

Tella SA nationals 1

Alhoewel Kriel nie saam met die Suid-Afrikaanse span gaan toer nie, het sy steeds ses nuwe Afrika-rekords en twee SA rekords opgestel en met vier goue en drie silwermedaljes teruggekeer Laeveld toe.

Dié byeenkoms het SA se top-swemmers die geleentheid gegee om vir vanjaar se spele te kwalifiseer. Net 11 manswemmers, onder andere Chad le Clos, Cameron van der Burgh, Calvyn Justus en Myles Brown se tye was goed genoeg.

Sehohle en Mothosola wat deur Charl Naudé afgerig word, het tot 22 Junie kans om vir die vierjaarlikse atletiekskouspel te kwalifiseer. Die 26-jarige Sehohle kan in twee Diamond-ligas nog kwalifiseer met die eerste een in Birmingham, Engeland. “Folavio se persoonlike beste tyd is, 03:39,00. Daardie tyd wat hy kort om te kwalifiseer, is nie so wyd op die afstand wat hy hardloop nie en ek glo hy sal wel in Rio in aksie wees,” vertel Naudé.

Die 26-jarige is vol vertroue dat hy die tyd wat nodig is om te kwalifiseer, in die venstertydperk (Januarie tot 22 Junie) sal kan hardloop. “Ek vertrou en glo dat ek wel sal kwalifiseer. Ek is gereed en dit sal my lewe heeltemal verander as ek spele toe gaan.

“Ek kan jou nou al belowe dat ek sal kwalifiseer,” sê Sehohle.

Hoërskool Nelspruit se spiesgooier, Werner Bouwer het met stewige afstande, ronde vir ronde by sy teëstanders gebly. In die proses het hy sy eie Nellie-rekord (67,78m) oortref, toe hy met ‘n gooi van 68,54m, die agtste plek verower het. Hiermee het hy met bekende name soos Tobie Holtzhausen (huidig nr. 3 in die land), Ulrich Damon en Hernu van Vuuren (ASA-junior kampioen) afgereken. Selfs die Namibiese kampioen, Strydom van der Walt (68,08m) kon nie by die Nellie kers vashou nie.

Werner Bouwer (Medium)

Liza-Mari Drummond van Uniswim Nelspruit het tydens die nasionale vlak 3-kompetisie in Port Elizabeth gekwalifiseer om ook in Kingspark in aksie te wees. Haar beste item was in die 50m-vryslag waar sy met ‘n nuwe persoonlike beste tyd van 27,40 spog.

Sy het ook vir die eerste keer onder ‘n minuut in die 100m-vryslag in 59,69 geswem.

Haar 200m-vryslag, was ook ‘n persoonlike beste tyd met 02:11,36.

Liza MArie Drumond Nationals 2

Nóg ‘n swemmer van Uniswim, Jordyn Minifie (14) wat die enigste swemmer in die provinsie is wat vir verlede jaar se nasionale jeugkampioenskappe in die 400m-individuele wisselslag gekwalifiseer het, het in PE ‘n tweede plek verower.

Haar tyd in die item het met meer as 10sek sedert verlede jaar se kampioenskappe verbeter.

Sy het tydens vlak 3 ‘n 05:10,08 geswem en die naweek tydens die jeugkampioenskappe het sy ‘n 05:11,99 geswem, wat haar ‘n silwermedalje in die sak gebring het.

Die meesterswemmer, Michelle Esterhuizen van NSA het met een goud, twee silwer en twee brons huis toe gekom. Nog swemmers wat ook teen die room van SA meegeding het, was Raymond de Freitas, Matthew Ives en Skye Munro.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button