Local sportSport

Ratels se spanwerk laat hulle seëvier

Verlede Saterdag het die Ratels na Hazyview gereis waar hulle Hazyview Rugbyklub se span in hul tweede Mpumalanga Laeveld-rugbyligawedstryd die stryd aangesê het

Verlede Saterdag het die Ratels na Hazyview gereis waar hulle Hazyview Rugbyklub se span in hul tweede Mpumalanga Laeveld-rugbyligawedstryd die stryd aangesê het.

Quartus du Toit, mede-afrigter van die Ratels, vertel dat Hazyview vanuit die staanspoor vasbeslote was om hulle te klop. Die Ratels het boonop in die eerste helfte gesloer met die gevolg dat die telling teen rustyd 7-5 in die guns van Hazyview Rugbyklub was.

Die Ratels het egter in die tweede helfte ‘n tweede asem gekry en weer as ‘n span begin saamspeel. Teen die einde van die wedstryd is hulle goeie samewerking en spanwerk beloon met ‘n eindtelling van 36-7 in hulle guns.

Hulle punte is aangeteken deur Marco Maré wat twee drieë gedruk het, terwyl Juan van Zyl, Darius Otto, Willem le Grange en Ulrich Deetlefs ook elk vir ‘n drie verantwoordelik was. Martin van den Berg het drie drieë verdoel.

Brandon Parr-Bayley is as die beste agterspeler van die wedstryd aangewys en Willem le Grange die beste voorspeler.

“Liaan Prinsloo, een van ons beste agterspelers, het ongelukkig die land onlangs verlaat om in Amerika te gaan werk. Ons wens hom alle sterkte toe met sy nuwe loopbaan en toekomsplanne.

Marco Maré, een van ons beste voorspelers, het tydens Saterdag se wedstryd in Hazyview ‘n ernstige besering opgedoen en kan moontlik die res van die liga mis. Ons hoop hy herstel ten volle en is sommer gou weer op die been. Daar lê nog ‘n harde liga vir ons voor, maar as ons as ‘n span saam kan werk, kan ons triomfeer,” vertel Du Toit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button