Local sportSport

De Klerk en Vermeulen begin Saterdag teen Ierland

Die Bokbreier, Allister Coetzee het sopas sy span vir Saterdag se wedstryd teen Ierland aangekondig.

Gebore en getoë Laevelders. Duane “Thor” Vermeulen en die blonde hartebreker Faf de Klerk is deel van die Bokbreier, Allister Coetzee se groep vir die Castle Lager Incoming Series.

Coetzee het sy groep van 31 spelers onlangs by Loftus Versfeld na afloop van die Superrugbystryd tussen die Blou Bulle en die Leeus aangekondig.

De Klerk, wat tot en met verlede jaar nog vir die Steval Pumas uitgedraf het, is deur die Leeus opgeraap waar hy reeds nege keer vir die Johannesburgers in die begin 15-tal uitgedraf het. Hy was in 2015 deel van Heyneke Meyer se wêreldbekergroep, maar het nie hier die geleentheid gehad om die groen-en-goud oor sy kop te trek nie.

Sy pa, Tobie vertel dat dit alles by Laerskool Bergland begin het. “Dit is vir ons ‘n voorreg om ons seun in die groep te hê. Ons het altyd gehoop en geglo dat hy daar sal uitkom, en nou is hy daar. Faf verdien dit en het ongelooflik hard vir sy plek in die span gewerk.

“Ons het eers twee uur na die aankondiging hom in die hande gekry om hom geluk te wens.”

Die skrumskakel het sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Nelspruit begin, maar is later deur Hoërskool Waterkloof raakgesien. De Klerk het o/16 Grant Khomo-week gespeel en in matriek was hy deel van die Blou Bulle Akademiesespan, maar het nooit op hoërskoolvlak Cravenweek gespeel nie. “Ons is so opgewonde saam met ons seun. Hy het ‘n lang pad gestap,” sê Tobie. Vermeulen is tans nog in Frankryk waar hy vir die oorsese klubreus, Toulon speel. Die klub is huiwerig om Vermeulen vir dié tydperk in Suid-Afrika vry te stel, maar sy ma, Estelien sê hy land beslis Dinsdag. “Ek het gisteraand (Woensdag) met Duane gepraat.

“Die klub wil hom glo steeds nie vrystel nie, maar hy werk daaraan.

“Hy het na ons gesprek ‘n baie spesiale boodskap vir my gestuur: ‘Ek sal nooit my land verraai nie.

‘Dit is ‘n eer en ‘n voorreg om vir my land uit te draf, al speel ek my rugby oorsee. Ek sal alles gee om steeds vir my land te speel’.” Thor, soos hy bekend staan, het reeds 35 Springboktoetse agter sy naam en was ‘n groot aanspraakmaker om die Bokke te lei. “Ons is baie bly. Hy is een van net drie spelers wat gekies is wat tans nie hulle rugby hier speel nie. Ons was benoud oor die bespiegelinge oor oorsese spelers wat nie behoort gekies te word nie, maar Duane en Allister het ‘n goeie verhou-ding,” sê Estelien.

Die Spring-bokke speel Saterdag 20 Augustus hier op Mbombela Stadion teen Argentinië. “Ons het reeds ons kaartjies gekoop en mis dié wedstryd vir niks in die wêreld nie. Geluk ook aan Faf wat vir die span gekies is. Ons is trots op julle!”

Kaartjies vir die toets in Augustus is reeds beskikbaar. Dit beloop tussen R100 en R500 en kan by Mbombela Stadion of Computicket aangekoop word. Vir groep- en losiebesprekings: samuel@pumas.co.za of george@pumas.co.za. Daar is ook ‘n pendeldiens na die stadion op die dag van die wedstryd.

Vir meer inligting besoek www.lowvelder.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button