School sportSport

NHS-span provinsie se beste

Hoërskool Nelspruit se o/17A-netbalspan is na afloop van die naweek tydens die Mpumalanga finale, as wenners gekroon nadat hulle HTS Middelburg in die eindstryd 12-9 geklop het.

NHS het in die half-eindstryd teen HTS Witbank te staan gekom en het gemaklik met 21-6 gewen.

Lees ook: Tawwe stryd in sportkragmeting tussen NHS en Bergvlam

“Ons het as span aan die begin van die seisoen doelwitte neergeskryf en gesê ons sal graag in die Mpumalanga-eindstryd wil speel. Harde werk en eenheid as ‘n span het ons gebring tot by die groot stryd teen HTS Middelburg. My woorde aan die span was – ‘die Here het ons tot hier gebring presies soos wat ons Hom gevra het. Nou is dit julle beurt om julle harte uit te speel en dan aan Hom die eer te gee vir die geleentheid,’ en dit is presies wat die span tot op die laaste minuut gedoen het.

“Ek is regtig trots op die manier hoe die dogters Nellie Guts gewys het,” vertel die afrigter Chantelle Claassen.

NHS se o/14’s, o/16’s en eerste span het algeheel tweede geëindig. Die eerstes het ook in die eindstryd teen HTS Middelburg te staan gekom waar hulle 25-38 die knie moes buig.

Lees ook: Hoërskool Nelspruit slaan Engelse vir ‘n ses

Die o/16A’s van Hoërskool Rob Ferreira het ook puik gevaar nadat hulle ‘n tweede plek verower het.

Robbies se eerstes was negende en die o/14’s algeheel vyfde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button