Local sportSport

NHS het nege verteenwoordigers in Cravenweek

Hoërskool Nelspruit (NHS) se Dewald Maritz is vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Pumas se Cravenweek ingesluit.

Dié vaskopstut is ook na afloop van verlede jaar se o/18-toernooi in die SA Skole-span opgeneem wat verlede jaar in ‘n internasionale-reeks teen Engeland, Frankryk, Wallis en Italië uitgedraf het. Hy was ook in 2014 deel van die Akademie A-week.

Lees ook: Top-rugbyman van NHS reis na Midde-Ooste

NHS het nege verteenwoordigers in die span wat van 11 tot 16 Julie in die 53ste Cravenweek op Kearsney College se velde in aksie gaan wees.

Die Pumas kom in hulle eerste wedstryd teen die Griffons te staan.

Tristan Louw van Hoërskool Bergvlam is deel van die o/18 Stedelike-week terwyl nóg ses van Nelspruit se spelers ook in die span opgeneem is.

Lees ook: Vlammies selected for tour to Ireland

Hadrick Coertze, een van Penryn College se staatmakers in die Mpumalanga Medium Skole-reeks is vir die Puma-platteland Akademieweek gekies. Zethembe Madonsela, ook van Penryn sal op stut vir die span uitdraf. Uplands College het ook twee spelers, die agtsteman Jared Adams en die haker, Samkelo Lubede. Lowveld High School se Bongi Langa en Letso Tselane maak ook deel van die groep van 23-spelers uit.

Janco Lourens, Donovan Barnard en Fred Lundy van Hoërskool Rob Ferreira is deel van die Pumas o/19B-Pukke week.

Die spanne is:
Cravenweek o/18 (almal NHS): Marnus Kruger , Riaz Adebayo, Stephan van der Bank, Jaco Joubert, Junior Schmidt, KP de Jager, Dewald Maritz, Morgan Naudé,
SP Muller.

O/18 Stedelik: Janco Steenkamp (NHS), Renier Troskie (NHS), Joao Cristovam (NHS), Francois Esselen (NHS), Harry Hearn (NHS), Wiam Barnard (NHS), Tristan Louw (Bergvlam).

Akademieweek: Francois Esselen (NHS), Joao Cristovam (NHS), Tristan Louw (Bergvlam), Renier Troskie (NHS), Janco Steenkamp (NHS), Harry Hearn (NHS), Wiam Barnard (NHS).

Puma-platteland – akademieweek: John Robert Smith (Sabie), Hadrick Coertze (Penryn College), Jared Adams (Uplands College), Mias Visagie (Barberton), Zethembe Madonsela (Penryn College), Bongi Langa (Lowveld High), Daclan Zitha (Barberton). Samkelo Lubede (Uplands College), Sihle Mkhawane (Barberton), Letso Tselane (Lowveld High), Matheus Oberholzer (Barberton).

Pumas o/19A (Pukke-week): Ernest Mthethwa (Penryn College), Craig Bouwer (NHS), Marius Slabbert (NHS), Zandré Volschenk (Lydenburg), Marnus Meyer (Lydenburg), Brady Theron (Lydenburg).

Pumas o/19B (Pukke-week): Tristan Badenhorst (Lydenburg), Janco Lourens (Rob Ferreira), Donovan Barnard (Rob Ferreira), Raymond Scherman (Bergvlam), Hein van Zyl (Lydenburg), Fred Lundy (Rob Ferreira), Tato Macheto (Penryn College), Duncan van Vuuren (Lydenburg), Junior Kotze (Bergvlam), Zane Weideman (Bergvlam), Strauss Strydom (Bergvlam).

O/16 Platteland: Anthony Sands (Penryn College), Sandile Mkabela (Barberton), Isaac Agholor (Lowveld High), Zinzan Cole (Curro), Jason Mantle (Penryn), Nathi Kubaye (Barberton), Nhlanhla Tshabalala (Lowveld High), Muzi Zondi (Barberton), Liam Emmett (Penryn), Nhlanhla Maseko (Lowveld High), Jonathan Mashappa (Curro).

O/16 Stedelik: Jason Cornelius (NHS), Henco van der Merwe (NHS), Tiaan du Plessis (NHS), Joshua Maas (NHS), Arrie Heyl (Lydenburg), Braam de Villiers (NHS), Jacques Mcquire (NHS).

O/16 Grant-khomo: Banele Mthenjane (NHS), Estian Schroeder (NHS), Tiaan Kotze (NHS), Riandré van der Merwe (NHS), Malumane Thepo (Barberton), Graeme Bouwer (NHS), Stefan Smit (NHS), Jean Jordaan (NHS), Le Rouw Louw (NHS).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button