School sportSport

Hokkiespelers doel hul deel vir die provinsie

Drie hokkiespelers van Hoërskool Nelspruit het Mpumalanga A in die inter-provinsiale toernooi wat in Bloemfontein plaasgevind het, verteenwoordig.

Willem van Reenen, Duvan van Duyker en Andrew Dunn, wat ook vir hul skool se eerste hokkiespan speel, was deel van die historiese jaar toe Mpumalanga vir die eerste keer in die top-vier geëindig het.

IMG_9295 (Medium)

Op die eerste dag, het die span teen Northerns te staan gekom en 1-0 gewen. Hulle het ook met Suid-Vrystaat se A- en B-spanne afgereken. Uit die vyf wedstryde wat in die week gespeel is, het hulle net een verloor en teen Noordwes het hulle 2-elk gelykop gespeel.

IMG_9291 (Medium)

Die span het ongelukkig teen Boland met 0-2 vasgeval en in die uitspeelrondes teen KZN Coastals verloor.

IMG_9304 (Medium)

Hulle het ‘n algehele derde plek verower na ‘n strafdoelstryd teen Vrystaat A.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button