School sportSport

Eerste span is hul skool se sporttrots

Laerskool Bergland se eerste rugbyspan het 'n droomseisoen agter die rug toe hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Mpumalanga-grootskolewenners gekroon is.

Die kaptein en hoofseun, Christo Nel, vertel in ‘n onderhoud met Laevelder dat hierdie ‘n geseënde groep is. “Ons speel saam vandat ons in gr. 2 is en sedertien het ons net van krag tot krag gegaan.

“Tobie Pretorius (hoofafrigter) en Riaan Venter (hulpafrigter) het my as speler ontwikkel. Van kleins af het mnr. Tobie my as ‘n losskakel geïdentifiseer en hy gehelp dat ek my volle potensiaal bereik,” sê Nel.

 

Dié groentjie het verlede jaar vir die eerste keer vir die Pumas uitgedraf, en hierdie jaar is hy nie net vir die o/13- Cravenweekspan gekies nie, maar tydens die opwarmingswedstryd teen Limpopo, het die spanbestuur hom ook as kaptein aangewys. “Dit was ‘n ongelooflike lekker toernooi gewees. Die Pumas het ook vanjaar met die geesbeker weggestap,” glimlag Christo.

Lees ook: Dit is mos hoe kampioene moet lyk!

Hy vertel verder dat sodra hy die bal op die kegel sit voordat hy pale toe moet skop, gee hy ‘n paar tree terug, haal een keer diep asem en skop dit deur die pale.

Nie net blink die blondekoppie in rugby uit nie, maar speel ook graag krieket en hokkie en was ook deel van Bergies se interlaer-atletiekspan.

Naweke kry jy nie maklik vir Christo van die bank af nie soos hy vasgenael voor die kassie sit en rugby kyk. Hy het ‘n goeie gevoel oor die Springbokke se kragmeting hier op Mbombela Stadion teen Argentinië.

“Ek glo die Bokke gaan ten minste met 12 punte wen.”

“Die afrigters beteken baie vir die seuns – nie net op die veld nie, maar ook van die veld af – en hulle het so baie vir die kinders opgeoffer,” vertel Christo se pa, ‘n macadamiaboer, Mark.

Wiskunde is een van sy gunstelingvakke. Nadat hy sy hoërskool-loopbaan oor vyf jaar by Hoërskool Nelspruit voltooi het, wil hy nie dadelik saam met sy pa begin boer nie, maar wil eers ‘n graad in rekeningkunde kry. Van sy gunstelingspelers is Dan Carter, Aaron Smith, Faf de Klerk en Ruan Combrinck.

Lees ook: Drie plaaslike spanne in vandag se eindstryd

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button