School sportSport

Ehlanzeni kies SA-skaakspan

Laerskool Bergland het 14 skaakspelers wat vir die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap (SAJSK) gekies is.

Altesaam 110 plaaslike leerlinge gaan Ehlanzeni Skaakvereniging van 16 tot 23 Desember in Johannesburg verteenwoordig. Vanjaar gaan 11 spanne van die Laeveld die pionne rondskuif.

Lees ook: Klein botteltjies, groot gif in skaaktoernooi

Spelers wat tydens verlede jaar se SA’s bordwenners was, Arjun Sopranam Prabha, Joshua van Heerden, Alex Smit, Alexander Maartens, asook Zuan Taljaard en Theo Mogale wat bordpryse met spelers gedeel het, is weer vanjaar in die span.

Prabha, Deckan Nkosi, Taljaard, Mogale, Maartens en Famande Mahlaola wie verlede jaar in Kaapstad as die beste deelnemers aangewys is, sal ook van die bekende gesigte Desember in Johannesburg wees.

Die o/8A-, o/10A,- en die o/16A’s het by die vorige SAJSK ‘n algehele derde plek verower.

Lees ook: Young brainiacs to head to Sri Lanka

Nkosi en Lindokuhle Bihle het onlangs van Sri Lanka, waar hulle aan die Skaak Statebondspele deelgeneem het, teruggekeer. Suné du Preez, wat ook vir die span gekies was, het nie saam met haar spanmaats getoer nie, maar het wel aan die Afrika Jeugkampioenskap in Port Elizabeth agter die skaakmat gesit. Sy het vyf uit nege spelle gewen en 11de uit 23 spelers geëindig.

DSC_0781 (Medium)
Laerskool Laeveld se skaakspelers is, voor: Michael van Heerden, Alex Smit , Joshua van Heerden, (agter) Hainroux Erasmus, Pierre Janse van Rensburg en Emmerentia Booysen.
IMG_8143 (Medium)
Eugene Lourens en Lila van der Spuy.
Johan Valks, Caylee Lombard, Abraham Visser, Johan Visser (Medium)
Johan Valks, Caylee Lombard, Abraham Visser en Johan Visser.
LZ7A0531 (Medium)
Theresa Camara, Johan Odendaal en Julia Visser.

 

Bergland se skaakspan is, (voor) Nicholis Grobler, Nathan Douglass, Kaylee Douglass, Liam Pringle, (middel) Zander Grobler, Ian Macdonald, Dian van Aarde, (agter) en Nico van der Merwe,Renard du Toit, Louis Paquet, Kyle Macdonald, Viktor Styger en Andeon Pringle.
Bergland se skaakspan is, (voor) Nicholis Grobler, Nathan Douglass, Kaylee Douglass, Liam Pringle, (middel) Zander Grobler, Ian Macdonald, Dian van Aarde, (agter) en Nico van der Merwe,Renard du Toit, Louis Paquet, Kyle Macdonald, Viktor Styger en Andeon Pringle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button