School sportSport

Vier van NHS in aksie

Die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (Saru) se interprovinsiale-sewestoernooi skop vandag by Durban High School af.

Hoërskool Nelspruit het vier spelers, Joao Cristovam, Marius Slabbert, Tiaan Kotze en Stephan van der Bank wat in die provinsiale span opgeneem is.

PSX_20160924_133929 (Medium)

Verdedigende kampioene, die Westelike Provinsie kan moontlik vir die derde agtereenvolgende jaar die beker omhoog hou nadat die toernooi ses jaar gelede begin het.

Lees ook: Nellies shine in sevens tournament

NHS het die afgelope naweek aan die Noordvaal Sewestoernooi by Die Hoërskool Menlopark deelgeneem.

Dr. EG Jansen, een van NHS se grootste teëstanders, het die o/17-afdeling gewen nadat hulle Hoërskool Garsfontein 40-17 geklop het. NHS het in die eerste halfeindstryd van die plaat teen Florida die knie moes buig.

PSX_20160924_134010_resized (Medium)

Die gasheerskool, Menlo se o/15’s het in die bekereindstryd teen Transvalia te staan gekom en met 22-17 as wenners uit die stryd getree. In die bowl-uitspele het NHS teen Hoërskool Pietersburg met 12-26 vasgeval.

Albei NHS se spanne het met die beker by die Makhonja en J&M-sewestoernooi weggestap.

Lees ook: ‘n Fees van sewesrugby wag die naweek by BHS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button