Klub-atlete vier die wondere van swem
AquaKids Swemklub het tydens die viering van hul vyfde bestaansjaar, 'n fondsinsameling saam met Laerskool Barberton geïnisieer.
AquaKids Swemklub het tydens die viering van hul vyfde bestaansjaar, ‘n fondsinsameling saam met Laerskool Barberton geïnisieer.
Ongeveer 180 kaartjies is verkoop. Die doel van die insameling was om industriële swembadskoonmaaktoerusting ter waarde van R1 5000 vir Laerskool Barberton te koop.
Seuns en dogter tussen vyf en 14 jaar het deelgeneem.
Die terapeutiese en opvoedkundige doel van die klub is van onskatbare waarde vir kinders met beperkte gestremheid asook die grondslag om eendag op provinsiale en selfs internasionale vlak te kan meeding, aldus Welna Potgieter, afrigter van AquaKids Swemklub.
Tydens die gala is daar van Matthew Stevens afskeid geneem. Sy verhaal van herstel deur deelname aan swem is voorwaar ‘n inspirasie vir menige jong seun en dogter.
Die uitblinker vir die dag was die 12-jarige Grant de Jager wat na ‘n ernstige rugbybesering ten volle gerehabiliteer is en op vlak 3 kompeteer.
AquaKids Swemklub spreek hul opregte dank uit teenoor die borge: Melinda Holloway, Maria Engelbrecht, Mica Barberton, BP Garage Barberton, Task Nissan Barberton, Nel Trophy’s Nelspruit en SS-IT Barberton.
Indien enigiemand ‘n bydrae tot die fondsinsameling wil maak of navrae oor AquaKids Swemklub het, skakel gerus vir Welna by 071-592-2335.
