Nellies is provinsie se beste
Laerskool Nelspruit se o/13A-dogtershokkiespan is onlangs as Mpumalanga se bestes gekroon.
Die o/11- en o/12A-spanne is gesamentlike wenners in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.
Die spanne het tydens die Ehlanzeni-eindstryd wat by Uplands College se velde beslis is, dié beker omhoog gehou en tot die uitspele van die Mpumalanga-kampioenskappe wat by Witbank plaasgevind het, deurgedring.
Lees ook: Laerskool Nelspruit het drie streekskampioene
Die o/11’s deel die beker met Laerskool Middelburg nadat die telling 0-0 geeïndig het. Die dogters het in die Ehlanzeni-eindstryd met Laerskool Malelane 4-0 afgereken.

Nellies se o/12’s het in Witbank teen Laerskool Pionier van Volksrust in die eindstryd te staan gekom met die telling na die eindfluitjie twee elk. Hulle het Laerskool Witrivier in die Ehlanzeni-eindstryd met 3-1 geklop
Lees ook: Laerskool Nelspruit maak skoonskip met Nelspruit Primary
Laerskool Standerton se o/13’s was geen gelyke vir Nellies nie, met die Laevelders wat hierdie kragmeting 1-0 gewen het. Malelane was in die halfeindstryd op Nellies se spyskaart, maar moes die knie met 6-0 buig. Nelspruit het in die eindstryd Laerskool Laeveld met 2-0 ore aangesit.

