Byna 40 rekords in net 108 items word opgestel
Jan-Albert Mentz is na afloop van Curro College se interhuisswemgala as die junior victor ludorum aangewys.

Hy het in die 200m-wisselslag ‘n eerste plek behaal en ‘n tweede plek in al sy 50m-items verower.
Die junior victrix ludorum is aan Bianke Lottering toegeken. Sy het nie net al vyf haar items gewen nie, maar ook nuwe rekords in elkeen opgestel.
Curro se senior victor ludorum van vanjaar is FJ Mentz. Hy het ‘n tweede plek in die 200m-wissel- en borsslag behaal. In die 50m-vry-, rug- en vlinderslag het hy ‘n eerste plek op die podium ingeneem en ook nuwe rekords in sy items vasgepen.
Keana Kruger het die senior victrix ludorum-trofee omhoog gehou. Sy het al haar items gewen en rekords in die 50m-vry-, bors- en rugslag opgestel.
Lees ook: Swem-pretdag by Curro Nelspruit lok talle atlete
‘n Totaal van 37 rekords is tussen die laer- en hoërskool se swemgalas uit 108 items opgestel.

