School sportSport

Vlammies woeker op die krieketveld

Hoërskool Bergvlam spog met twee van hul krieketspanne wat pragtige oorwinnings behaal het.

Die o/15’s het in hul wedstryd teen Lowveld High School besluit om eerste te kolf. Vlammies het na 50 beurte ‘n totaal van 339 lopies gemoker. LHS se kolwers kon daarin slaag om net 52 lopies te hardloop.

Bergvlam se Setjhaba Mpatlanyane het vier paaltjies vir slegs ses lopies gevat. Vlammies se eerste krieketspan het hul sewende agtereenvolgende oorwinning behaal. Hulle het Hoërskool Rob Ferreira se tweedes afgestof.

Lees ook: Bergies se eerstes maak geskiedenis met die kolf

Drie van Bergvlam se eerstespanspelers het uitgestaan as gevolg van hul prestasies op die veld. Jayden Louw spog met sy eerste honderdtal en is goed ondersteun deur Faheem Nomani. Die twee het saam ‘n vennootskap van 176 lopies gemaak.

Die spel van die dag hoort egter aan die Vlammies se kaptein Aiden Soine wat vir die vierde keer die seisoen meer as vyf paaltjies in ‘n wedstryd platgetrek het – dit sluit onder andere ‘n tweede driekuns vir die seisoen in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button