Lanies-wintersportspelers presteer op provinsiale vlak
Laerskool Malelane se netbalspanne het uitstekend in die provinsiale kampioenskappe gevaar en 'n paar wintersportspelers is vir provinsiale spanne gekies.
Drie van Laerskool Malelane se netbalspanne het baie goed in die Mpumalanga Kampioenskappe by Laerskool Nelspruit gevaar. Die o/11-, o/12- en o/13-spanne het in die A-liga vir mediumskole deelgeneem en onderskeidelik derde, tweede en vierde geëindig.

Hope Madonsela, een van die o/12-spelers, is gekies vir die Mpumalanga o/12A-span en gaan van 3 tot 6 Julie by Hoërskool EG Jansen aan die nasionale kampioenskappe deelneem.

Twee van die skool se rugbyspelers is gekies vir die o/12 Pumas-span en het reeds in twee wedstryde gespeel. Gedurende die naweek van 26 Mei het hulle in Potchefstroom teen die Limpopo Blue Bulls gespeel en 15-10 gewen en gelykop (19 elk) teen die Leopards gespeel.

Saterdag het hulle in Krugersdorp teen die Gauteng Blue Bulls gespeel en 1-12 verloor.
Die span toer aan die einde van Junie na Vryheid waar hulle aan die mini-Cravenweek, ‘n interprovinsiale kompetisie, gaan deelneem.
Nog Lanies-nuus:
- Lanies se gholfdag weer puik ondersteun
- Lanies-atlete verwerf 42 medaljes
- Lanies help vyf boere om hul droomvroue te kry tydens konsert
