Local sportSport

‘n Driekuns vir NRK

Die Laeveld-sewestrofee staan vir die derde agtereenvolgende jaar in Nelspruit Rugbyklub (NRK) se spogkas.

Die wedstryde is Saterdag op NRK se veld beslis.

As jy vroeër die dag vir Witrivier (WRK) gesien speel het, sou jy in ongeloof kennis geneem het van die telling in die eindstryd, 29-10 in die guns van NRK.

Witrivier se verdediging het hulle egter in die kragmeting met NRK deurgaans in die steek gelaat. Die kampioene daarenteen, het beter van hul balbesit gebruik gemaak en hul ondersteuning was in ‘n ander klas.

“Ons het sleg begin (Witrivier het in hulle eerste groepwedstryd teen Malelane 1 met 22-12 vasgeval). Ons was verbaas dat ons in die eindstryd speel aangesien ons met ‘n jong span opgedaag het. Dit was ‘n groot leerskool vir die manne,” het afrigter Charles Gates gesê.

NRK het 134 punte aangeteken en net 15 afgestaan waarvan Jean Botha en Tjokkie van Tonder egter NRK se sleutelspelers was.

Botha, Jos de Jager, Igne Ferreira en Jacques Steyn het in die eerste helfte onder die pale gaan kuier.

NRK is vir ‘n gevaarlike duikslag gestraf waar Marceleno Marais die bal vinnig gespeel en oor die doellyn geduik het.

Die rustydtelling was 22-5 in die guns van die gasheerspan.

Van Tonder het sy span se vyfde vyfpunter aangeteken. Kort voor die einde van die kragmeting, het WRK se Marais ‘n troosdrie gaan druk.

“Die manne het uitstekend gevaar. Ons het twee suksesvolle toernooie agter die blad en dit is belangrik om nederig te bly,” het NRK se breier Hugo Harmse gesê.

Die Impalas van Komatipoort, NRK 2, WRK en NRK kom komende naweek teen die Hoëveld-spanne op Sasol te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button