Local sportSport

Jos maak debuut vir Zim se nasionale span

'n Onderwyser van Laerskool Laeveld, Jos Stander het Saterdag sy debuut vir Zimbabwe se nasionale rugbyspan in die Afrikabeker gemaak. 

Indien Zimbabwe dié beker omhoog hou, sal hulle kwalifiseer om aan volgende jaar se Rugbywêreldbeker in Tokyo, Japan deel te neem.

Zim het teen Kenia te staan gekom, waar hulle met 26-45 die knie moes buig.

Jos Stander is ‘n geografieonderwyser by Laerskool Laeveld. Hy het die afgelope naweek sy debuut vir Zimbabwe gemaak.

Jos, wat dié buurland in die nommer-viertrui verteenwoordig het, sal hopelik ook die naweek in die span ingesluit word wat Tunisië gaan aandurf.

Jos het net voor sy debuut vir Zimbabwe die volgende op sy Facebook-blad geplaas

Laevelder het in Junie ‘n profielstorie oor Jos gedoen.  Lees die storie hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button