Local sportSport
Gimnaste toets hulle vernuf
'n Groepie groentjie- en kleutergimnaste het verlede week tydens 'n jaarlikse toetsing die kollig gesteel.

Die gimnassies van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het nie net hulle afrigters nie, maar ook hulle mammas en pappas in die gehoor met hulle toertjies vermaak.
Meer as 200 atleetjies se koördinasie, balans en soepelheid is oor twee dae deur ses beoordelaars getoets. Elke gimnas het ‘n rapport en ‘n medalje ontvang.
“Die gimnaste het goeie vordering getoon en hulle selfvertroue het soveel gegroei. Hulle liggaamlike en ruimtelike oriëntasie asook motoriese vaardighede het oor die jaar verbeter,” het hoofafrigter van NGA, Maré Putter gesê.
Foto’s: Angelique Venter
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!










