Plaaslike fotograaf deel sy Wêrelbeker-ervaring van Japan
"Ek besef nou na my terugkeer wat 'n groot voorreg dit was."

“Dit was hemel vir enige fotograaf.”
Só vertel Johan Orton nadat sy wêreld-bekerdrome onlangs tot ‘n einde gekom het.
Orton, Laerskool Nelspruit se skakel-beampte, is een van net vier Suid-Afri-kaanse fotograwe wat akkreditering gekry het om die Rugbywêreldbeker in Japan te gaan afneem. Daar het hy sedert 18 September skouers geskuur met die wêreld se beste fotograwe, terwyl hy die wedstryde tussen SA en Nieu-Seeland, Skotland en Ierland, Wallis en Georgië, en SA en Namibië op kamera vasgevang het – met die kamera en lens van sy keuse.
Orton sê dit was te danke aan Canon International, een van die borge van die Rugbywêreldbeker. “Personeellede van Canon het vier ure voor elke wedstryd in die mediasentrum vir ons kom vra pre-sies watter toerusting ons wil hê.”
Hoewel hy sy eie toerusting saamgeneem het vir ingeval, was dit nooit nodig nie. “Hulle het dit langs die veld waar ons gesit het, vir ons gebring – reeds met die regte verstellings. Selfs al het ek nooit my eie kamera gebruik nie, het hulle dit vir my gediens en skoongemaak. Sou jy een van hulle kameras laat val, of ‘n rugbybal dit tref en breek, is dit oukei,” vertel hy – solank jy jou bes doen om dit op te pas.
“Ek besef nou na my terugkeer wat ‘n groot voorreg dit was. Die tyd het gevlieg en ek hoop van harte SA haal die eindstryd, want die kans is goed dat ek dié wedstryd ook gaan afneem,” sê Orton.
Plaaslike fotograaf se wêreldbekerdrome eersdaags ‘n werklikheid
“Dit was ongelooflik.” Hy kan nie uitge-praat raak oor die Japannese se gasvryheid nie. “Net om ‘n voorbeeld te noem: Toe ek en oom Wessel Oosthuizen nie ons hotel kon kry nie, het ons ‘n plaaslike paartjie gevra vir rigtingaanwysings. Hulle was oorspronklik op pad elders heen, en het net daar omgedraai en 1,4 km saam met ons tot by ons hotel geloop. Hulle sal dadelik stop waarmee hulle besig is en jou help, al is dit in gebroke Engels, en dit is iets van Japan wat ek altyd sal onthou,” vertel hy.
Wat kos betref, sê Orton dat hy nog nooit sulke lekker rooivleis geëet het nie. Die vleis, wat bekend staan as Wagyu, word masseer vir marmering – dit is ‘n gesogte snit, deutrek met fyn vet. “Daar was ook vreemde kosse soos swaeltjie en rou seekat op die straatmarkte, maar oor die algemeen was ek gek oor hulle kos,” vertel hy, maar voeg by dat hy nie gaande was oor sake nie.
Die hotelle was volgens Orton van hoog-staande gehalte. “Die baddens, wat effe klein was, was ‘n uitdaging vir sommiges, maar ek is darem kort en vir eens het dit in my guns getel. My langer vriende het egter gesukkel met die 80 cm-baddens.”
Bogenoemde was maar net ‘n paar van talle hoogtepunte. “Een wat wel uitgestaan het, was om saam met legendariese foto-graaf, oom Wessel Oosthuizen, te reis. Ek het soveel by hom geleer – hy is ‘n groot held, vriend en amper soos ‘n oupafiguur vir my,” vertel Orton. Vir hom was die wedstryd tussen die All Blacks en Suid-Afrika soos ‘n eindstryd. “Ek het skouers geskuur met die land se voorste fotograwe. Die ondervinding wat ek opgedoen het is van onskatbare waarde.
“Die Japannese is besig om rugby hulle eie te maak, veral nadat hulle ons gewen het, maar bofbal, basketbal, atletiek en gimnastiek is steeds van hulle gewildste sportsoorte – kort op rugby se hakke.”
Die tuisspan het nog nie een wedstryd verloor nie. “Ek hoop hulle wen vir Skot-land ook, sodat Japan teen ons in die kwarteindronde kan speel. Sou ons hulle wen, is die kans beter om die eindstryd te haal en die All Black in die stof te laat byt.
Hier is ‘n paar van Johan Orton se foto’s wat tydens die Wêreldbeker geneem is:
























