Hoërskool Nelspruit gekroon as Mpumalanga kampioene na ‘n opwindende eindstryd
Die kolfvennootskap van Rohan de Meyer en Jacques Vosloo was sterk genoeg om die besoekers se aanslaag te weerstaan.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se eerste krieketspan is aangewys as Mpumalanga-kampioene na hul wedstryd teen Cambridge Academy van eMalahleni. Die besoekers het die vorige wedstryd gewen en NHS het beslis ‘n punt gehad om te bewys in die finaal.
NHS het die loot gewen en ‘n besluit geneem om eerste te boul. In die openingsbeurt het die plaaslike skool al reeds ‘n voordeel bo die besoekers gehad te danke aan Mathee Joubert en Neil Henning se uitstekende vangskote.

LEES OOK: Pro-Life het “Pirates rescue ransom” gehou
NHS se boulers het ‘n skitterende vertoning gelewer en Cambridge uitgeboul vir slegs 90 lopies van 34 beurte.
Lourens Pëtersen se bydrae tot die spel moet genoem word as gevolg van die vyf uit vyf paaltjies wat sy vinnige balle in agt beurte geneem het.
Die spel het aanvanklik nie so goed verloop vir NHS nie, omdat hulle kolfbeurt aanvanklik baie wankelrig was. Cambridge het vroeg in hulle boulbeurt reeds twee paaltjies geneem.

LEES OOK: FOTO’S: Sade van genade
Die kolfvennootskap van Rohan de Meyer en Jacques Vosloo was sterk genoeg om die besoekers se aanslaag te weerstaan. Die twee het die wenlopies in die 14de beurt aangeteken en aan NHS die oorwinning oorhandig.
Die resultaat beteken dat NHS se krieketspan vorder na die Noordvaal-kwartfinaal waar hulle kragte sal meet teen die wenner van die Noordwes-finaal.
