Local sportSport

Stokke swaai tydens Laerskool Ohrigstad se gholfdag

Spanwerk en hope spangees lei tot gholfdag by die Lydenburg Gholfklub.

Laerskool Ohrigstad se gholfdag was ’n reusesukses. Die spelers het op 18 Augustus by die Lydenburg Gholfklub sake op die baan uitgespook.

Die skoolhoof, Johan Pieterse, het al die borge asook die ouers en personeel wat die dag ’n
sukses gemaak het, bedank.

Elzanne Kuün, Joandi van den Berg, Maritsa Steyn, Marthie Visagie en Maritza Gouws.

Oudergewoonte het Nico Cross vir die dag se musiek gesorg, en was hy ook die prysuitdeling se seremoniemeester. Ruan Steyn, ’n lid van die skool se beheerliggaam, het namens die skool die pryse oorhandig.

Die wenners was as volg:

• Wenspan: Douglas Westcott en Gerhard Frylinck
• Tweede: Daniël le Roux en Luan de Beer
• Derde: Brandon Parr-Bailey en Martin van Rooyen
• Naaste aan die pen: Jaco Els
• Langste dryf: Lourens Geldenhuys

Reynier de Beer, Jacques Jacobs, Brien Ellis en Barry de Beer.
Ruan Steyn en Lourens Geldenhuys.
Ruan Steyn en Jaco Els.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button