Sport

Laeveldse atlete kook tydens JJJ-byeenkoms op Witrivier

As die JJJ-byeenkoms enige aanduiding is van hoe 2024 se Laeveld Interhoër gaan wees, is ons beslis in vir ’n ding!

Die kenners sê mos: “Atlete hardloop hulle beste tye wanneer die dag op sy warmste is.”

Dít was beslis die geval die afgelope naweek by Hoërskool Rob Ferreira tydens die jaarlikse JJJ Prestige Atletiekbyeenkoms. Vier-en-twintig skole en klubs van regoor die provinsie het Saterdag 21 Oktober hul pad na Witrivier toe gevind om hul staal op die baan en veld te wys.

Atlete van die gasheerskool, Rob Ferreira, het dié van Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam, Penryn College, Hoërskool Barberton, Lowveld High, Uplands College, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Sybrand van Niekerk, HTS Middelburg, Hoërskool Middelburg, HTS Witbank, Frans du Toit, Hoërskool Erasmus, Pionier, Hoogenhout, Hoërskool Birchleigh, Hoërskool Volksrust, Hoërskool Generaal Hertzog, Hoërskool John Vorster, Cambridge en Northcliff High School verwelkom.

LEES OOK: Bokke, bring die 2023-Rugbywêreldbeker weer huis toe!

Plaaslike klubs soos die Real Gijima-atletiekklub en die Great East Club het aan die byeenkoms deelgeneem. Curro Nelspruit is ook verteenwoordig. Die o. 13’s van die plaaslike laerskole soos Laerskool Witrivier, Laerskool Nelspruit en Laerskool Laeveld het ‘n eerste smakie van ‘n volwaardige hoërskoolbyeenkoms tydens die JJJ gekry.

Ondanks die snikhete weer wat die Laeveld Saterdag beleef het, het die atlete dit steeds reggekry om die een rekord na die ander los te hardloop, te spring en te gooi.

Die Laeveldse skole het skitterende vertonings gelewer, met talle naelbyt-oomblikke en opwindende kompetisie tussen hulle. As die JJJ-byeenkoms enige aanduiding is van hoe 2024 se Laeveld Interhoër gaan wees, is Laevelders beslis in vir ‘n ding!

LEES OOK: Mbombela Stadium to host Springbok Fan Park

Tydens die prysuitdelings aan die einde van die dag is die atlete vir hul pogings beloon.

Die volgende atlete en -spanne het trofeë ontvang:
• Algehele eerste plek: Lydenburg
• Algehele tweede plek: Rob Ferreira
• Algehele derde plek: Hoogenhout
• Senior victor ludorum: Mbuyelo Rikhotso; Curro
• Senior victrix ludorum: Sumari Louwrens; Lydenburg
• Junior victor ludorum: Lizwe Mkhumane; Rob Ferreira
• Junior victrix ludorum: Tshepi Mokwena; Lydenburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button