Sport

Pumas val vas in eersteronde-aksie van die Airlinkbeker

Die Luiperds-kragmeting in Potchefstroom lê in ronde twee vir die Airlink Pumas voor.

Die Airlink Pumas het verlede Saterdag, 3 November hul eerste wedstryd in die Airlinkbeker-toernooi met ‘n strawwe stryd teen die Windhoek Draught Griekwas in Welkom begin.

Dié spanne is geen vreemdelinge op die veld nie, en soos dit ook in vanjaar se Curriebeker-toernooi die tendens was, was hierdie ook ‘n naelbytstryd.

Beide die manne in pienk en hul teenstanders het puik spel opgedis en die toeskouers in die Touchdown Stadion is omtrént met opwindende rugby bederf.

LEES OOK: FOTO’S: Laerskool Witrivier reis om die wêreld met revue

Ongelukkig kon die Pumas nie ná die volle 80 minute die wa deur die drif trek nie. Hierdie ronde het aan die Griekwas behoort. Hulle het met 21 punte teenoor 19 geseëvier.

“Ons het nie die omstandighede van die dag reg gebruik nie. Ons het in verskriklike wind gespeel. Swak skoppe uit die hand uit en ook oor die algemeen was maar van die grootse dinge waarmee ons gesukkel het,” meen die Pumas-hoofbreier, Jimmy Stonehouse, oor wat hy reken vir sy span verkeerd verloop het.

“Ons kon nie regtig die geleenthede wat ons gehad het gebruik en in punte omskep nie. Dit het teen ons getel.”

Die Pumas sal hierdie naweek egter hoop om op die punteleer te vorder nadat hulle ná hierdie nederlaag hulself heel onder bevind.

Hulle pak later vanmiddag die Luiperds in Potchefstroom aan.

LEES OOK: Harte smelt na Laevelder honde-paar in Mbombela red

“Die Luiperds het verlede week nie sleg gespeel nie; hulle is ‘n goeie span. Maar hierdie is moet-wen vir ons, veral as ons in die eindstryd wil speel. Hulle het als in dié wedstryd om te wen, maar ons sal graag vyf punte hieruit wil kry om te verseker ons bespreek ons plek in die finaal.”

Die wedstryd tussen die Pumas en die Luiperds skop om 15:00 af. Voor hierdie kragmeting kom die Griekwas om 13:00 teen die NovaVit Griffons te staan.

Hou die Pumas se Facebook-blad dop vir ‘n stromingskakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button