Local sportSport

Knap skut van Lydenburg presteer

Nasionale toekennings van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging was hierdie jong man met 'n passie vir teikenskiet onlangs beskore.

Xander van Eck het nie baie bekendstelling as ‘n skut van formaat in Lydenburg nodig nie. Op 4 November het hy in Gauteng die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se prysuitdeling tydens die nasionale kongres bygewoon. Nasionale- en streekskleure vir junior sportskiet is aan hom toegeken.

Hy is ook as die beste o. 25-skut in beperkte grendelaksie, beperkte grendelaksie opeklas en presisie- randslag aangewys. Hy het platinumstatus vir streekspresidentskiet en nasionale presidentskiet ontvang.

Lees ook: Daaglikse verskyning van poue in Mbombela uiteindelik ontrafel

Op 28 Oktober het hy in Welkom aan SAJWV se sportskietkampioenskappe deelgeneem. Daar het hy die 50 m- presisie -kleinkaliberskiet gewen.

Tydens die beperkte grendelaksie se nasionale kampioenskappe wat op 14 Oktober in Bethlehem plaasgevind het, het hy die beperkte grendelaksie-ope gewen.

Die SAJWV bied gedurende die jaar verskeie nasionale kampioenskapppe vir die skietdissiplines aan.

Reeds op skool en in sy matriekjaar in 2022 by Hoërskool Lydenburg was hy een van die beste skuts, junior en senior, in die land. Van Eck beplan om volgende jaar aan die Centurion Academy natuurbestuur en dierewetenskappe te studeer.

 

Xander van Eck.. Foto’s: Verskaf/Kruger van Eck

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button