Die o. 13-seuns neem aan die 100 m-hekkies deel. Foto: Blake Linder
Die 2025 McGee Ford Laeveld Interlaerbyeenkoms het op 15 Februarie op Lydenburg plaasgevind, en was ‘n dag propvol opwinding en goeie gees. Die kompetisie was gesond, maar tog straf. Trouens, die atlete het maar hulle klein hartjies op hulle moue gedra en tot die beste van hul vermoëns teen mekaar meegeding.
Remi Zwane van Barberton glimlag breed in die 60 m-naellope.
Barberton se Jayden Tinkhoff was eerste in die o. 13-seuns se gewigstoot. > Foto’s: Blake Linder en Mark Kinnear
Laerskool Lydenburg was die gasheerskool van dié jaar se Interlaer, wat hy op Hoërskool Lydenburg se veld aangebied het. Laerskool Barberton het vanjaar die verste gereis om deel te neem. Nelspruit Primary, Nelspruit, Witrivier, Laeveld en Bergland het ook die reis na Lydenburg onderneem om weer eens aan ‘n fantastiese dag se atletiek deel te neem.
Mikayla le Roux van Laerskool Nelspruit.
Nelspruit se SJ Neuhoff.
‘n Doodmoeë Helgardt Stassen van Laerskool Laeveld hardloop oor die eindstreep.
Bergland-afrigter Jaytee Boers dra Buhle Mbuyane van die baan af ná haar besering.
Nelspruit Primary se Nkazimulo Mthunywa in die hoogspring.
Nelspruit Primary se Junior Navari.
Laerskool Bergland se Ameer Khedr het goud in die o. 13-seuns se hoogspring gewen.
Aimee Dippenaar van Nelspruit het ‘n rekord in die o. 12-dogters se hoogspring verbeter.
Lydenburg se Jasmin Beck.
Leané Stoltz van Witrivier.
Lené de Bruin van Laerskool Laeveld.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!