IN FOTO’S: NHS skitter tydens eerste NWU-reekswedstryde
Hoërskool Nelspruit het die NWU-winterreeks op 13 en 14 Maart met sterk spanvertonings afgeskop.
Die eerste wintersportwedstryde van die jaar het op Vrydag en Saterdag, 13 en 14 Maart, by Hoërskool Nelspruit plaasgevind as deel van die NWU-reeks.
Die naweek het nie net opwindende sport gebied nie, maar ook ‘n geleentheid geskep vir die borge om hul teenwoordigheid te wys, vir ouers om mekaar beter te leer ken, en vir leerders om gees te vang.
Vir die koshuisleerders was dit ‘n inbly-naweek, en hulle het die geleentheid ten volle benut deur in groot getalle op te daag om die spelers aan te moedig. ‘n Groep toegewyde rasieleiers het verder bygedra om die gees hoog te hou en ‘n feestelike atmosfeer te skep.
LEES OOK: Massive Rob Ferreira medal haul at MP champs
Die harde werk en toewyding gedurende die afseisoen het duidelik vrugte afgewerp, met verskeie spanne wat sterk vertonings gelewer het. Die eerstespan hokkieseuns het ‘n indrukwekkende 13-0 oorwinning behaal, terwyl die eerstespan hokkiedogters ‘n taai gelykopuitslag behaal het.
Die eerstespan-netbalwedstryd was ‘n naelbyter, met NHS wat met 23-25 die knie moes buig.
Die hoogtepunt van die naweek was sonder twyfel die eerste rugbyspan se kragmeting teen EG Jansen. In ‘n spannende wedstryd het die Rhinos met 20-16 geseëvier.
EG Jansen is ‘n gedugte teenstander, en om hulle te klop, al is dit met ‘n skrale vier punte, dui op sigbare vooruitgang vir Hoërskool Nelspruit se rugbyprogram.
Uitslae:
Rugby:
• 16B verloor 30-0
• 16C wen 24-19
• 4de wen 19-10
• 3de wen 20-17
• 2de verloor 19-12
• 1ste wen 20-16
Netbal:
• 14A wen 24-14
• 14B wen 24-3
• 15A wen 28-9
• 15B wen 25-9
• 16A wen 22-7
• 16B wen 20-11
• 17A wen 19-15
• 17B verloor 16-10
• 1stes verloor 25-23
Hokkie:
Seuns:
• 1ste wen 13-0
Dogters:
• 16A verloor 2-0
• 16B wen 6-0
• 15A verloor 3-2
• 15B wen 4-0
• 14A wen 4-1
• 2de wen 3-1
• 1ste gelykop 0-0.
Foto’s: HH Design & Photography

