School sportSport

Vlammies wen netbal B-liga

Die o/14B-span is as ligawenners gekroon nadat hulle met Hoërskool Rob Ferreira in die finale ronde van die Mpumalanga Kampioenskappe afgereken het.

NELSPRUIT – Die seëvierende netbalspan van Hoërskool Bergvlam het hul wen in die provinsie se B-liga aan hul afrigter opgedra.

Die o/14B-span is as ligawenners gekroon nadat hulle op 14 Junie met Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier in die finale ronde van die Mpumalanga Kampioenskappe afgereken het.

Volgens Christelle Vermeulen, die kaptein, was hul sege aan die afrigter te danke. “Ons sou nie hierdie voorreg gesmaak het as dit nie vir me. Maryke Breytenbach was nie,” het sy gesê.

“Sy het ons met haar opgeruimde geaardheid gemotiveer tot beter prestasie en ons baie meer as net netbal geleer.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button